advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: Goose | 2008/06/24

Q.

Zyrtec

Ek het my dogtertjie vir omtrent twee maande op Zyrtec gehad vir haar aanhoudende post nasel drip en haar sinus kanale wat vinnig verstop en ontsteek, alhoewel Zyrtec eintlik (soos ek dit verstaan) vir allergie of asma is en sy nie aan een van die toestande lei nie wou ek nie met die Zyrtec voortgaan nie.
Sy was net 'n week af van die Zyrtec af toe sy weer in die nag begin hoes en haar neus weer begin toe gaan. Ek is toe later dokter toe en nou is sy weer op Antibiotika vir die sinusse en bors wat vol slym is. Sal dit raadsaam wees om haar vir die wintermaande op Zyrtec te hou (sy het gewoonlik nie in die somer die probleem nie) of is daar iets ander wat ek haar kan gee. Sy kry elke dag 'n Gummyvite Multi-Vitamien en eet baie gesond en goed. Dankie vir die hulp.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Gebruik salex neusdruppels soggens en saans om haar neus uit te spoel en oop te hou. Dit is baie belangrik om die Salex elke dag te gebruik. Dit is nie nodig om die Zyrtec weer te begin nie. Gebruik liewers Viral Choice Junior in plek van die Gummyvites.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.