advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Estelle | 2004/10/28

Q.

Yster tekort?

My dogtertjie is nou 3 jaar en 11 maande. Vir die afgelope maand gebeur dit ten minste 2x n week dat sy al teen 16h30 aan die slaap raak en reg deur slaap tot 06h00 die volgende oggend. Sy het egter ook die afgelope week onbedaarlik begin huil snags asof sy iewers baie seer het (skop haar bene ens). Niks wat ons dan doen kan haar troos nie. Sy is n aktiewe kind, maar eet nie baie goed nie. Sy kry daagliks multivitamiene. Ek sien dat sy ook donker kringe onder haar oe het.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Enige defnitiewe verandering in 'n kind se aktiwiteitspatroon regverdig evaluasie. U dokter kan 'n ystertekort baie maklik uitskakel en ook na ander moontlik oorsake kyk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Lize | 2004/11/01

Hi Daar

My seuntjie is nou 6 jaar oud en ek sukkel al vandat hy 1jaar oud is met 'n yster te kort . Hy drink elke dag Ferrimed yster stroop en ook Vi daylin multi vitamiene stroop sonder die yster om sy eetlus te help. Die beste is om jou dokter te gaan sien en dat hulle dan 'n bloed toets doen.

Reply to Lize
Posted by: Andrietha | 2004/10/28

Hi. Ek sal se dit is yster tekort. My dogtertjie was in die begin van die jaar dieselfde. Ek het haar laat toets en dit was te laag. Sy was op Chelafer stroop vir 6 maande en dit is nou 100%. My pediater het gese jy gebruik die stroop is sessies van 3 maande. Na die eerste 3 maande as die yster nie reg is of jy sien 'n verbetering nie, gee stroop vir nog 3 maande. Dit is 100% veilig en het geen nadele. My kind was ook baie mislik en "moeilik" bo en behalwe die slapery, maar dit alleen is nie natuurlik nie. Die kringe onder die oê is wel 'n definitiewe teken.

Reply to Andrietha

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.