advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: stef | 2004/01/06

Q.

Wanneer om vaste kos te gee vir baba

Hi doc,
Ek begin oor 'n maand vir my baba vaste kos te gee (purity's ens.)Sy is dan 4maande, ek wil net weet watter tye en moet sy dan nog steeds elke 3uur haar S26 formule melk kry.Hoe moet ek te werk gaan met die melk en purity's.
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Vaste kos vanaf 4 maande is korrek en gewoonlik is die aanbeveling om met ryspap of iets soortgelyks te begin, aanvanklik een en later 2 keer per dag. As dit goed gaan kan jy 'n wyer verskeidenheid kos insluit en hiermee behoort jou naaste kliniek te kan raad gee. Vanaf 3 maande behoort 4 uurlikse bottelvoedings voldoende te wees en u kan hiermee volhou totdat voeding met vaste kos goed gevestig is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.