advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Lizelle | 2004/01/19

Q.

Tekens van hiperaktiwiteit?

Ek wil graag weet: Hoe weet 'n mens wanneer 'n kind hiperaktief is? My seuntjie is 3jr en 6mnde. Oor die algemeen is hy verskriklik woelig en vroetelrig, hy kan nie eens stilsit wanneer hy eet of gevoer word nie.
Buiten vir dit, het ek gevind dat hy nie regtig kan konsentreer op ietsnie. Hy sal miskien met 'n karretjie speel, hom op en af stoot vir 'n paar keer en dan iets anders soek. Hy kry sulke "gilaanvalle". Hy sal deur die huis loop en begin gil uit die punt van sy stem en dan is niks fout nie. Hy is ook heeltemaal ongehoorsaam, hy gee nie om nie, al moet hy gestraf word, maar hy sal doen wat hy wil doen! Ons sukkel om hom te laat slaap in die middag en hy sal saans eers so teen 9 uur se kant gaan slaap. Bietjie laat vir 'n kleuter wat nie deur die dag slaap nie. Laat weet asb. of dit net bloot 'n woelige kleuter is en of al die bogenoemde rede tot kommer is.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wat u beskryf verteenwoordig nie noodwendig rede tot kommer op hierdie ouderdom nie. Daar is baie redes vir kinders se gedrag op hierdie ouderdom en somtyds ook geen. Dikwels ervaar hulle 'n gebrek aan persoonlike aandag en help dit as 'n mens toegewyd alleen saam met jou kind speel vir 'n tyd van die dag. Ongehoorsaamheid moet konsekwent en ferm hanteer word, sonder dat hy ooit jou liefde of aanvaarding betwyfel. Die boek Toddler Taming van dr. Christopher Greene mag van waarde wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Anonymus | 2015/06/25

Good day I really need expert advice as i am sure that my boy of 1year and 9 months is hiperactive. It's to such a extend that i sometimes feel like leaving everything behind. He only sleeps 5 minutes per day. He is restless throughout the night then up early again. I am a very neat person but my child is turning my house into a pigsty. It's really really bad. I don't even want visitors at our place because whe won't be able to communicate properly as i need to run after this child the whole day. I'm sure he won't keep up at a chreche for a full week. It's like i don't have a normal life anymore as this child is just disrupting everything. Please help because im at the point of commuting suicide. I just want a normal child and life.

Reply to Anonymus
Posted by: angelique | 2013/11/13

Hi my seun is nou 1jr en I maand oud! I bja besige klein lyfie :) hoe weet mens waneer hule hiperaktief is? Hy sit nie stil nie goi als uit en afhy slaap nou net eenkeer I dag vir omtrent so 30min tot I uur en dan eers weer vanaand. 20:30se kant soms later want hy is te woelig. Help asb

Reply to angelique

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.