Childhood Diseases

Question
Posted by: Riaan M | 2007/04/17

Q.

Slegte borsie of allergies?

Ons 1 jarige peuter het sedert geboorte 'n borsie wat, veral as hy opgewonde of aktief is, gor of hyg. Hy is sedert 2 maande op Isomil aangesien hy allergies was vir NAN en NAN HA. Ons wil hom nou op 'n "growing-up" melk sit, maar dit blyk of hy allergies is hiervoor ook. Watter melk kan ons gebruik, want nie Nido of Purity se melke akkomodeer met sy sisteem nie.
Ons het hom by meer as een pediater gehad toe hy nog heelwat kleiner was, en hulle het gese ons moet nie bekommer oor sy gor-borsie nie, en dit sal reg kom, maar ons is bekommerd. Dit klink amper soos 'n perkoleerder wat besig is. Wat as dit simptome is van astma, en saam met die allergie, kan dit nadelig wees! Verder is hy baie gesond en aktief, maar hierdie kwessies is vir ons 'n probleem. Natuurlik veroorsaak dit ook dat hy nie te goed slaap nie. Wat kan ons doen, of wat kan dit wees wat dit veroorsaak? Baie dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit lyk asof jou seuntjie hoogs allergies is vir melk en daarom moet hy alle suiwel vermy.Hy kan nou die gewone soja melk drink.Ek is byna seker dat hy ook aan asma ly en dit is nodig dat hy met behandeling moet begin. Eers is dit nodig om 'n pediater te raadpleeg wat belangstel in kinders met allergiese siektes.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.