advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Oumatjie | 2004/10/21

Q.

Slaap posisie

My dogter is bekommerd nadat sy 'n artikel oor wiegiedood gelees het. Sy het haar baba op haar sy laat slaap en het nou probeer om haar op haar ruggie te laat slaap, maar sy skrik haarself wakker en slaap dan baie min. Toe my kinders gebore is, was dit mode om hulle op hulle magies te laat slaap, maar NOOIT op die ruggie nie, aangesien hulle kan verstik wanneer hulle sou opgooi. Wat is nou die regte ding om te doen, of doen sy maar wat die baba die beste laat slaap, nl. op haar sy?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die formele antwoord is dat alle ouers aangeraai word om hul babas op hul rug te laat slaap aangesien studies gewys het dat kinders wat op hul rug slaap minder sterf aan wiegiedood. As haar baba heeltmel gemaklik is op haar sy is dit ook aanvaarbaar. 'n Mens moet net verseker dat daar nie onnodige sagte goed bv. 'n kussing en klomp "soft toys" by die kind se koppie lê nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.