advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Johan | 2004/01/23

Q.

Slaap en inenting

My seun is 8 jaar oud en my dogter 6 jaar. Albei is gediagnoseer met ADD. My seun is meer afleibaar as my dogter en hy gebruik tans Ritalin (10mg om 07:00; 5mg om 09:00 en 10mg om 14:00). Ek sukkel geweldig om my seun sover te kry om vroeg te gaan slaap. Die gevolg is dat hy meestal teen 20:30 in sy bed is maar eers na 22:00 aan die slaap raak. Dit het natuurlik die gevolg dat dit weer verskiklik moeilik is vir hom om in die oggend op te staan. Vrae:

1. Hoeveel behoort 'n kind van sy ouderdom te slaap?
2. Wat kan ek doen sodat hy vroeër sal slaap?

Albei die kinders is, weens verskeie omstandighede, nie ingeënt toe hulle klein was nie. Die vraag is nou, wat kan ek nou daaraan doen?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is geen vaste reels nie, maar die feit dat hy soggens so moeilik opstaan is waarskynlik 'n indikasie dat hy vroeer kan gan slaap. Gewoonlik is dit onmoontlik om 'n kind van sy ouderdom te forseer om te slaap, mar as hy 20h30 in sy bed is en die lig 21h00 op die laatste af is, behoort dit 'n verskil te maak.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.