Childhood Diseases

Question
Posted by: Rika | 2011/06/22

Q.

Slaap

My kleinseun is 15 weke,maar slaap minimaal.Hy slaap 30 minute,raak wakker en huil aan een totdat hy (dink ek)aan die slaap raak van moegheid.En dan begin alles van voor af.My dogter borsvoed,en gee soms byvoeding.Sy is regtig al uitgeput en daar is niemand wat haar bietjie kan aflos nie.Asseblief,is daar enige raad?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar moet 'n rede wees vir die feit dat jou baba kleinseun byna glad nie slaap nie.Dit lyk nie asof hy honger kan wees nie. Was hy nog altyd so rusteloos of is dit iets nuuts? Miskien is hy besig om sy kiestande te kry? Indien hy wel altyd so rusteloos was, het hy miskien 'n probleem met refluks wat sooibrand veroorsaak.In elk geval is dit nou tyd om uit te vind hoekom hy so rusteloos is.Jou dogter kan nie aanhou om so min te slaap nie.Miskien sal die beste plan wees om eers sy pediater raad te pleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.