Childhood Diseases

Question
Posted by: Moeg!! | 2009/01/21

Q.

Slaap

Dokter,

My dogtertjie is 5,5 maande oud. Is dit normaal vir haar om nog baie wakker te word in die aand? Sy het gisteraand omtrent 8 keer wakker geword, en sy was nie honger of iets nie. Sy begin maar net huil en dan sit ek die dummy in haar mond. Dan is sy weer rustig vir so uur en begin weer huil. Sy het nou al beter aande gehad waar sy tot 3uur kon slaap, ' n paar slukkies baba rooibos tee drink en verder slaap, maar dit gebeur min.

As agtergrond, sy slaap vreeslik sleg al van geboorte af. Het in ons bed geslaap en is nou in haar camping kot langs die bed (maar net tot so 3 of 4 uur dan huil sy tot mens haar in die bed sit).

Sy gaan slaap ook so tussen 7uur en half 8 in die aande. Maar so van half 11 begin sy so baie wakker word en huil.

Is daar dalk ' n moontlikheid dat sy dalk ' n yster tekort, wurms of enige iets medies fout is? Of moet ek maar net vasbyt en sy sal met tyd beter slaap?

Ai, ek dink baie van ons ' nuwe mammas'  is raadop as dit by slaap kom!!! Ek kan net nie dink wat die oorsaak van haar baie wakker word kan wees nie????

Dankie dokter
Lize

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek glo nie dat jou baba se slaaploosheid is as gevolg van wurms of 'n yster tekort nie. Sy is seker nou besig om haar eerste tande te kry, maar die probleem het reeds van geboorte begin.Een groot fout wat gemaak is is om haar in jou bed te laat slaap. Sy het dit nou gewoond geraak daaraan en dit gaan baie moeilik wees om hierdie gewoonte te verander.Een moontlikheid is dat sy maar net honger is.Rooibos tee het byna geen voedings waarde vir 'n baba van hierdie ouderdom nie.Sy moet liewers haar formula dink wanneer sy wakker word. 'n ander moontlikheid is dat sy miskien 'n refluks probeem het met sooibrand wat pyn veroorsaak.Raadpleeg haar pediater in die verband.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.