advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012/07/02

Q.

Simptome van mangelontsteking?

Prof, wat is die simptome vir mangelonsteking waarvoor ek moet uitkyk? My dogtertjie is 13 maande, sy het Vrydag koors ontwikkel by die creche (38,8), ek het vir haar koors setpille gegee oor die naweek en Nurofen stropie, koors is weg gisteroggend. Sy wil egter nie eet nie, dit lyk of sy honger is, sy tel stukkies kos op (vingerkos) en sit dit in haar mond maar sodra sy moet sluk dan spoeg sy dit uit en begin huil! Ons vermoed sy sny haar oogtande nou want sy kwyl weer vreeslik. Kan dit die tande wees of dalk mangels? Sy drink haar melk darem goed maar slaap bitter sleg snags. Sy het ook n nat hoesie wat ek nie opgelos kry nie, hoes net snags en soggens, dis dalk hoekom sy nie wil le om te slaap nie? Laaste moontlikheid is dalk weer n oorontsteking, maar hoe sal ek dit kan weet/ sien? Baie dankie vir u raad!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is heel moontlik dat jou babatjie se huidige simptome die van 'n mangelotsteking is,veral aangesien sy koorsig is. Dit is ook heel moontlik dat sy 'n oorontsteking het wat gepaard gaan met hierdie moontlike mangelontsteking. Dit is nodig dat sy deur haar dokter ondersoek moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
user comments

C.

Posted by: angelique | 2013/11/04

Ek soek raad my kind eet nie drink min slaap niks hoes verskriklik en gooi op dit stink vreslik as sy op gooi asb wat kan dit wees

Reply to angelique
Posted by: angelique | 2013/11/04

Ek soek raad my kind eet nie drink min slaap niks hoes verskriklik en gooi op dit stink vreslik as sy op gooi asb wat kan dit wees

Reply to angelique
Posted by: Anonymous | 2013/09/04

Ek het n keelseer as ek sluk , is bietjie koorsig , my maag werk en ek braak! Enige raad oor wat dit kan wees?

Reply to Anonymous
Posted by: Nikki | 2013/08/14

Hi ek is al van Sondag af nie lekker nie... My keel het begin seer raak en erge hoes... Maandag het my ore begin pyn en my keel erger geraak... Ek kan nie harde voedsel eet nie dis te seer ek het gisteraand slym op gebring en wil net weet of iemand my dalk kan raad gee oor wat dit dalk mag wees.. (Ek het nog my mangels) ek wonder of dit nie dalk die probleem kan wees nie... As iemand so gaaf sal wees en my se wat dit kan wees asb.... dankie

Reply to Nikki
Posted by: Anonymous | 2013/07/01

Is mangel ontsteking aan steeklik

Reply to Anonymous | 1 comment (hide)
Posted by: Nikki | 2013/08/14

Jammer maar ek het geen idee nie as jy dalk vir my kan se wat is die simptome want ek sukkel by die doktors almal gee medikasie maar niks help nie....

Posted by: Adri | 2012/08/06

My dogtertjie is nou ses jaar oud sy het donderdag begin siek word met braak en maag spoelings maar dit was net die eendag gewees. Sy het eetlus verloor en saterdag het ek met haar ongevalle toe gejaag want toe is haar koors hoog. Die dokter het haar gediagnoseer met mangelonsteking. Maar my kind kan nog nie eet nie hou niks kos in haar maag nie sy word so maer. Is dit mangelontsteking of wat is die probleem ek is raadop. Ek betaal te duurste vir die dokters en dan kom my kind nie reg nie. Sy is op antibiotika maar niks verandering nie. Asb gee raad.

Reply to Adri

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.