advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: Moedeloos | 2008/06/23

Q.

Seuntjie van 2jr weer siek

My seun het al op 4mnde Zertyc gekry vir 'n vreeslike toeneus in die aand, daar vandaan was hy op Allecet en vandat hy 1 en half is gee ek chronies net in die aande vir hom Allergex. Hy is 'n groot fris seun en weeg so 19kg. Hy raak te gereeld vir my siek dat sy neus so toe is snags hy sukkel met asemhaling. Ons het nou weer antibotika vir hom gekry. Hyt ook 'n hoes verlede week gehad maar ek het Sat aand vir hom Medifed gekry. Is dit ok om Medifed en Allergex saam te gee? Ek het ook sowat 2weke gelede Nespray begin staak en beesmelk begin gee. Kan dit dalk dit wees? Ek is raadop. Ek wil nie vir ewig op medikasie staat maak nie. Wat staan my te doen?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wat hier nodig is, soos in byna alle gevalle, is 'n diagnose.Dit is heeltemal korrek om te se dat jy nie meer wil aanhou om al hierdie medisyne vir so 'n jong kind te gee nie. Dit is dus belangrik om uit te vind hoekom jou seuntjie se neus so erg toe is bv is dit as gevolg van 'n allergiese probleem of is dit miskien as gevolg van vergrote adenoiede?Nespray en gewone volroom melk is byna dieselfde en daarom is dit nie as gevolg van die melk nie.Gan terug na sy pediater of miskien liewers na 'n ONK spesialis vir 'n opinie en veral vir 'n diagnose en die beste manier vorentoe om hiedie probleem op te los.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.