Childhood Diseases

Question
Posted by: Joeye | 2007/03/19

Q.

Sand wurm

My baba van 8 maande het 'n sand wurm en ons sukkel om daarvan ontslae te raak vandat sy 3/ 4 maande oud is. Ek is al kliniek toe. Hulle het 'n salf gegee om aan te smeer dit werk nie.
Die apteek het al 'n salf aangemaak, dit werk nie. Ek het haar verlede week by die dokter gehad en hy het vir haar Flagyl voorgeskryf en gese ek moet die growwigheid met spirits smeer. Dit is vandag 'n week terug en dit lyk nie of daar 'n verbetering is nie. Dit is een lang growwe streep vanaf haar handjie to by haar elmboog en dan ook 'n streep in haar nek.
Kan u my raad gee. Ek begin bekommerd raak dat dit dalk nie 'n sand wurm is nie en dalk iets anders.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is byna ontmoontlik om jou baba se vel kwaal oor die Internet te diagnoseer. Een ding is seker en dit is dat haar probleem nie deur sandwurm veroorsaak word. Dit is absoluut noodsaaklik om die korrekete diagnose hier te maak en daarom is dit belangrik om 'n pediatriese velspesalis so gou soos moontlik te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.