advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Sugar | 2008/02/04

Q.

rooi ogies

Ek het laas week die vraag gevra rakende my 1 jarige babatjie se rooi en geswelde ogie. U het toe reply dat dit hoogs onwaarskynlik 'n allergie is aangesien dit slegs 1 ogie is. 'n Dag daarna was die ander ogie ook rooi en etterig, en ons pediater het toe "pink eyes" gediagnoseer. Sy het LMF Neo druppels voorgeskryf vir 5 dae. Vandag is die 5de dag, maar die een ogie (wat laas keer eerste ontsteek het) is van gister af alweer effens geswel en die ooglede en skyn sommer so perserig. Moet ek terug dr toe of moet ek nog so dag of wat kans gee? Hou hierdie verband met die pink eyes of kan dit iets anders wees?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit lyk asof hierdie probleem aan 'pink eyes' toegeskryf kan word. Dit kan partykeer redelik lank neem voordat die infeksie opklaar. Gaan aub terug na die pediater aangesien dit wel lyk asof 'n nuwe voorskrig nodig is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.