advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: 2dejaar mediese studente | 2004/10/17

Q.

respiratoriese kliniese geval

Beste Dokter,


Ons is 'n groep 2de jaar mediese studente van Stellenbosch en tans besig met ons Respiratoriese kliniese blok. Ons het die volgende geval ontvang, maar onseker oor die diagnose. Ons sal dit waardeer om u mening te hoor.


'n 1jr 3mnde oue seun presenter met hoes, koors en tel nie gewig op nie. Sy moeder sê hy's meer geiriteerd en huil meer as gewoontlik. Hy gooi op veral soggens. Die moeder kla ook van 'n chroniese hoes en gewigsverlies.

Kliniese bevindinge: koors 39grade, tagipnee (56 per minuut) met wydverspreide limfkliere groter as 1cm. Geen abnormale bevindinge met ondersoek van resp stelsel. Hepatosplenomegalie kom voor. Die PA x-straal toon geen hiperinflasie nie en wydverspreide versluiering in beide longe asook vergrote hilare linmfnodes.


Ons mees moontlike diagnose is TB, wat ons vermoed HIV verwant mag wees veral omdat sy moeder ook met simpome presenteer. Die hepatosplenomeaglie en geirriteerdheid het ons laat wonder of dit nie al tot miliêre TB gevorder het nie. Wat ons egter puzzle is die naarheid in die oggende- ons het selfs 'n tracheoesofageale fistel oorweeg.

Ons het sistiese fibrose oorweeg, maar dan sou daar tekens van hiperinflasie en moontlike wheezing tydens die ondersoek gevind word wat daar nie is nie. Sistiese fibrose kan egter gastroesofageale refluks veroorsaak wat 'n verklaring vir braking mag wees maar sou dit dan soggens op 'n leë maag plaasvind

'n Pneumonie sou duidelike tekens van krepitasies en konsolidasie getoon het.

Wat sal 'n verdere differensiële diagnose wees wat ons behoort te oorweeg en wat dink dokter is die mees moontlike diagnose?

Baie dankie vir u hulp


Expert's Reply

A.

Paediatrician

Julle afleidings klink alles goed. Onthou net dat naarheid en braking nie net gastro-intestinal ooraske het nie, maar ook sentrale oorsake. Met braking in die oggend meot 'n mens veral toestande wat verhoogde intra-kraniale druk kan veroorsaak oorweeg, en die moontlikheid van TBM sou verseker 'n groot waarskynlikheid wees in die teenwoordigheid van miliere TB. Gesels ook met julle lektore daaroor, kyk na boeke oor kinder TB in die biblioteek en onthou om die hele prentjie in ag te neem, die kind se ouderdom, die ma se simptome etc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.