advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Heloise | 2008/01/31

Q.

Refluks in ons baba

Ons kleinkind is 10 weke oud en met sy 6 weke ondersoek het die pediater hom gediagnoseer met refluks aangesien hy baie huil. Ons het gedink dit is koliek omdat hy sy beentjies ook krampagtig optrek. Hy rem sy koppie agteroor, wat glo 'n teken van refluks is. Sy het Gaviscon voorgeskryf maar hy kry nie veel verligting nie. Sy mamma borsvoed hom nog maar met 1 voeding snags wat sy pa gee kry hy 'n bottel NAN. Sy ma hou hom redelik regop met voedings, sy bedjie se kopstuk is gelig. Hy braak gelukkig nie veel nie, af en toe 'n bietjie. Hy kom ook voor as "oorgestimuleer", skrik maklik, gooi die handjies in die lug bv. Hy is 'n ongelukkige ou seuntjie tans, kan u help asb.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek stem saam met jou. Hierdie is 'n klassieke voorbeeld van koliek. Probeer een of ander van die koliek middels.Gesels gerus met die apteker.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: N | 2008/02/01

My seuntjie het presies dieselfde simptome gehad,het ook gedink hyt koliek,maar op die ou einde was dit refluks en laktose intollerance.Die pediater het ook verskeie goed gegee wat nie regtig gehelp het nie.Dit is die melk wat opkom wat hom so laat huil,dis suur en brand hom(sooibrand).Al wat redelik gehelp het was die losec pilletjies wat fyngedruk word en saam bietjie water in lepeltjie gegee word ,hyt ook oorgeslaan na Nan Lactose free melk,wat eintlik wondere veriig het,hyt met ten minste die helfde beter geword.Ons het die eerste 2 mnde op getress oor hom.Die koliek middels wat die eerste dr voorgeskryf het,het in elke geval sy asem weggeslaan,toe los ek dit ook sommer!Vra jou Pediater van Losec pilletjies.Dis vir die sssoibrand wat hom so brand.Dink net hoe voel 'n grootman wat sooibrand kry!!!!!!!!Dink dan aan 'n arme 10 weke oue kleintjie!!

Reply to N

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.