advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Em | 2009/01/16

Q.

Re: 890 - Malaria?

Hallo Doc,

Baie Dankie vir goeie raad altyd! Ek het my kleintjie by die pediater gehad gister, en hy vermoed dit is nog maar die nadraai van ' n slegte maagvirus wat ons hele gesin verlede Vrydag gehad het. Ek het dit nié  aan jou genoem nie. Dr. reken daar is dalk nog ' n kiem of twee in haar gestel oor - omdat die koors die eerste keer begin het terwyl sy siek was. Hy het ook na haar Milt en Lewer gekyk en sê  daar is niks abnormaals nie. Klink dit vir jou of ons op die regte pad is, of het ek nog rede tot kommer oor die Malaria-kwessie? Ek hou haar in elk geval baie mooi dop en sal geen onnodige kanse vat nie! Sy is nou op ' n 5 dag Antibiotika en het vanoggend nog effens koors gehad, maar op die oog af lyk sy regtig beter. Sal Malaria so wipplank ry met simptome, ek ken dit glad nie, maar wat ek al daarvan gehoor het is dat ' n mens baie siek maak in ' n kwessie van ' n paar ure?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek voel nou 'n bietjie meer gelukkig oor jou dogter se toestand maar nog nie heeltemal nie. Ek hou glad nie van al die antibiotikas vir 'n 'maagvirus' Antibiotikas behandel mos nie virus ontstekings nie! Verder is daar geen poging gemaak om 'n vaste diagnose te maak nie.Geen toetse is gedoen om vas te stel of sy miskien 'n rotavirus infeksie het as oorsaak van 'n 'maagvirus' probleem en meer belangrik, geen toetse vir malaria nie. Ek is baie teleurgesteld hieroor veral nadat die dokter ingelig is dat julle onlangs die wildtuin besoek het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.