advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Lulu | 2004/09/28

Q.

Prelone

Kan u asb aan my kortliks verduidelik wat presies is Prelone?? My seuntjie (amper 16 maande) het dit so 3 maande terug by die dokter gekry op voorskrif. Volgens die apteker doen dit presies dieselfde as Celestamine vir 'n verkoue. Maar ek dink nie so nie. Ek hoor dit is goed vir babas wat sukkel met toe borsies.Op die oomblik het hy 'n nare blik hoes. Ek wil weet of dit veilig is om dit vir hom te gee en ek wil ook weet wat presies is Prelone?? Baie dankie vir u hulp.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Prelone is 'n steroid stroop, wat verseker nie sommer net vir elke hoes of benoude borsie gebruik moet word nie. Dit word alleen aanbeveel om ernstige irritasie van die lugweë te verbeter, maar dit doen niks aan die onderliggende siekte nie. 'n Blikhoes sonder benoudheid of koors kan 'n mens tuis dophou sonder medikasie. Indien u kind vererger of werklik kroep ontwikkel is dit beter as die dokter kyk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.