advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: lee | 2008/01/11

Q.

phenobar

Goeie more Dokter.

My seunis nou 6 maande oud. Vanaf sy geboorte het sy een beentjie geruk, en sy pediater het gese dit is agv n iritasie in sy brein. Hy het gegaan vir n "catscan". Sy het toe vir hom "adco-phenobarbitone" voorgeskryf en gese hy sal dit metertyd ontgroei. Die dossis is nou al 2.3 ml 2 keer perdag en sy been bewe nogsteeds nie elke dag nie, maar party dae meer as ander. Sal jy voorstel dat ek n tweede opinie kry of is dit nie regtig so n groot probleem nie? Net toe hy gebore is het die sisters hom by my kom sit in my kamer maar hy het blou om die mond geword hul se toe dit is agv van die koue, ek vermoed dit was n tekort aan suurstof kan dit wees hoekom sy been so bewe? Ek weet nie of dit my verbeelding is nie maar sy mond is blou so nou en dan.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is vir my moeilik om 'n opinie te gee sonder om jou baba te kan ondersoek nie, maar ek glo nie dat dit nodig is om Phenobarb vir jou baba te gee nie. Hierdie soort rukkings is gewoonlik heeltemal normaal en kom baie dikwels voor. Die blouerige kleur om sy mond by geboorte is ook normaal en is geen rede vir kommer nie.Dit is beslis nodig om 'n tweede opinie te kry en die beste sal wees om 'n pediatriese neuroloog te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.