Childhood Diseases

Question
Posted by: Marian | 2007/03/29

Q.

paar vrae ivm refluks

My baba is nou 8 weke oud. Sy word geborsvoed en spoeg heeltyd melk op en gooi ook met tye groot hoeveelhede op. Die suster by die kliniek het gese dit is oor sy te veel drink en ek moet haar tyd op die bors beperk. Met haar 6 weke ondersoek het die pediater egter ons verseker dit is 'n mate van refluks, want sy is ook baie slymerig met tye - so dat sy erg huil en mens die slym in haar keel en bors kan hoor roggel. Sy tel wel mooi gewig op, so die pediater het gese dit is nie nodig vir enige behandeling nie. Dit bekommer my egter dat sy partymaal na 'n voeding huil en snak/hyg na haar asem so asof sy sooibrand het. Is daar nie tog maar iets wat ons vir haar kan gee om te help nie? Ek kry haar vreeslik jammer, want dit kan mos nie lekker wees om heeltyd so te bly opgooi nie.

Ek lees ook nou op die forum daar word gepraat van 'n Novalac AR formule vir refluks babas. Ek moet binnekort terug werk toe en dan moet sy oorgaan op formule. Is dit die formule wat ek moet gebruik? Ek het nog nooit daarvan gehoor nie. Is dit spesifiek vir refluks? My baba het wel 'n ligte uitslag op haar gesiggie wat die suster by die kliniek vermoed is 'n suiwel allergie en het aanbevel ek moet NAN HA gebruik sou ek oorgaan op formule melk. Hoe sal ek weet watter formule om te gebruik?

Iemand het vir my aanbeveel om Gaviscon Infant te gebruik, maar ek weet nie hoe om dit vir haar te gee saam met die borsvoeding nie. Is dit aan te beveel om dit vir haar te probeer gee saam met formule melk?

My laaste vraag is nie ivm met refluks nie. My babatjie het nou al 4 keer sproei in haar mondjie gehad. Ons bly Daktarin gebruik, selfs 'n dag of wat nadat dit weg is, maar 'n paar dae na 'n week later is daar weer nuwe kolletjies. Ons steriliseer haar dummies met 'n stoom steriliseerder, want ek het gehoor Milton en ander chemiese steriliseermiddels maak nie altyd die kiem dood nie. Dit is egter nogsteeds nie beter nie. Wat veroorsaak die sproei en hoe moet ons dit finaal uitroei?

Dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Om te begin dit lyk asof jou babatje 'n probleem het met refuks. Dit lyk ook asof die refluks erg genoeg is om te begin met behandeling.
Die Novalac AR is 'n goeie keuse maar is nie voorgestel vir babas met melk allergie nie.Is daar bewys dat jou baba allergies is vir melk?
Dit is moeilik en ook nie baie effektief om Gaviscon te gebruik wanneer 'n baba geborsvoed word.
Dit is tyd om milton te begin gebruik om die dummises te steriliseer.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Van n ma | 2007/03/29

Hi, wil net graag n opmerking maak. Oor die sproei, behandel jy ook jou borste? Want die bakteriee is ook op jou borste en anders elke keer wat sy gesond is, kry sy dit weer van jou af.

Reply to Van n ma

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.