advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Natalie | 2008/01/18

Q.

Opvoedkundige Stimulasie

Geagte Dr.,

Ek wonder of u my kan raad gee?

My seuns is in Maart 3jr oud en gaan na 'n kleuterskool (hul 2de jr). By die skool kleur hulle in, verf, speel en leer om te tel ens., die basiese leerprogram. Ek neem hul 2 dae per week vir swemklassies; hulle is baie lief vir water. Die kleuterskool bied "monkeynastix" en "musik kids" aan, my vraag is dus; is dit nodig dat die kinders aan al hierdie ekstra klassies/aktiwiteite deelneem? Is hulle nie te jonk om blootgestel te word aan al hierdie klassies nie, word hulle nie oorgestimuleer nie? Ek wil graag die beste vir hulle doen en gee, maar wil hulle nie enige onreg aandoen nie. Asseblief gee raad.

By voorbaat dank,
Natalie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nie nodig dat hulle aan al hierdie stimulasie blootgestel moet word nie. Hulle is nog nie eers 3 jaar oud nie. In elk geveal leer hulle die meeste wat nodig is by die huis.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.