advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Christine | 2004/10/26

Q.

Oog probleme

Hi Doc,

My 10 jaar oud seun het begin oog infeksie kry in sy linkerogie vanaf 4 jaar na kontak met 'n ander kind wat dit gehad het. Na omtrend 'n jaar se behandeling (verskillende druppels en antibiotika was daar GEEN verskil). Dit het self opgeklaar nadat hy laerskool toe is en weg van die kleuterskool. Dit het my laat vermoed dat die "mine dump" daarnaby dalk verantwoordelik was vir die irritasie.
Ons het onlangs verhuis en na hy waterpokkies gekry het, is die rooi weer terug in volle swang. Toe sien ons mos dat die "mine dump" naby ons weggeblaas word. Hy is nou 5 dae op antibiotika en oogdruppels en geen verskil. Ek is raadop. Hy het ook kroniese sinus. Ek is bang die oogdruppels is dalk op die langtermyn sleg vir die oog. Wat stel jy voor?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit sou baie raar wees vir 'n irritasie of allergie om net een ogie aan te tas. In ag genome die sinus simptome en die feit dat die ogie rooi is sonder afskeiding, is dit mees waarskynlik 'n virus infeksie. Indien die simptome nie opklaar nie of vererger kan u vra vir 'n verwysing na 'n oogarts.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.