advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Wanita | 2004/02/06

Q.

Ontwikkeling seun

More Dokter,
My seun is nou 15 maande en het n week terug eers begin loop! Hy kruip nog n bietjie tussen-in maar loop meestal, wat my bekommer is hy loop met sy armpies in die lug, asof hy balanseer op die manier. Moet ek bekommerd wees, ook se hy nog net so 7 woordjies (die hond se naam, eina, tietie ens.) Verder is hy so gesond soos n vis in die water vandat ek by dokter die raad gekry het om hom eerder uit die kleuterskool uit te haal - ek moes u raad lankal gevolg het!!!
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Wat u beskryf klink nog binne normale perke. Kinders se mylpale kan heelwat varieer en dit is geen refleksie van hul uiteindelike potensiaal nie. Dit sou goed wees om op 18maande dalk weer 'n formele evaluasie te laat doen om u ook gerus te stel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.