advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: Annie | 2012/07/18

Q.

nagmerries

My dogtertjie het reeds nagmerries gekry toe sy n paar maande oud was en voor sy dagsorg toe was. Dit het egter lanklaas gebeur.
Sy is nou presies 24 maande oud.

Gisteraand het sy in haar slaap gehuil  ek het haar mooi toegemaak en gesus en gedink sy is rustig (dit gebeur gereeld) maar nie lank daarna nie toe staan sy regop in haar kot en toep my. Ek het haar toe by ons in die bed laat slaap. So 3h30am.
Daarna het ek niks geslaap nie. Sy het amper heeltyd gekreun in haar slaap  haar asemhaling was vinnig asof sy uitasem was en sy het heelwat geskop en rondbeweeg.
Haar pa sê  vanoggend haar oë  was meeste van die tyd toe. Half 6 toe my wekker afgaan het sy wakker geword. Ek het gesê  sy moet nog bietjie slaap en toe sy toe aan die slaap raak was sy uiteindelik rustig, sy het net voor 8 wakker geword - rustig. Maar toe is ons natuurlik laat vir dagsorg en skool.

As dit weer gebeur - is dit beter om haar wakker te maak en weer van voor af aan die slaap te probeer kry? Of moet ons haar in haar slaap probeer kalmeer?

Ek is nou 4 maande swanger. Sy weet van die begin af, maar ons het kort voor slaaptyd van die nuwe baba gepraat, kan dit wees wat haar so ontstel? Of sien sy dalk uit na haar partytjie die naweek?
Ek is nie bewus van enige ander veranderings in haar lewe nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Nagmerries kom baie dikwels voor onder kinders van hierdie ouderdom.Die beste is om jou dogtertjie nie wakker te maak nie,maar net te probeer om haar te sus dat sy aan die slaap bly.Moet nie toelaat dat sy in julle bed kom slaap nie anders sal dit 'n gewoonte raak wat baie moeilik is om te verander.Dit is miskien die nuus dat sy binnekort 'n baba boetie of sussie gaan kry wat haar so onstel het. Haar nagmerries sal met tyd al hoe minder raak en daarna heeltemal verdwyn.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.