advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Louisa | 2006/07/19

Q.

Moontlik 'n sielkundige probleem

My dogtertjie van 9 jaar kry die afgelope tyd pyn net onderkant haar hart, sal sê meer by die maag rond. Sy het die gewoonte om met haar vuis daar te slaan. As ek haar vra hoekom sy dit doen dan sê sy die pyn gaan weg. (Sy was 'n refluks baba.) Sy sê sy kry ook soms 'n steekpyn bo-op haar kop dan doen sy dieselfde. Sy het 'n tyd gelede verkoue gehad met 'n post nasale
drup. Ek weet nie wat die rede is hoekom sy bg. doen nie. Die afgelope tyd kla sy ook van naarheid. Ek het gedink dit kan dalk wurms wees. Ek het haar toe daarvoor behandel want ons het
honde.

Die dag toe die skool begin gooi sy toe ook naar in die stuk. Ek weet nie of dit net skoolsiek is nie en of dit dalk 'n sielkundige probeem is nie.

Dalk is ek die probleem, want ek raas gedurig met haar, want sy is een van daardie kinders wat jy 'n honderd keer moet praat voor sy luister. Wanneer ek tot dreig kom dan begin sy te huil en raak dan allerhande dinge kwyt soos ons is nie lief vir haar nie, ens. Ek is ook nie konsikwent nie en gee maklik in. My nee word dan 'n ja want ek wil haar nie ongelukkig sien nie. Sy weet hoe om my te manipileer. Wanneer ek vir haar nee sê dring sy aan om 'n rede.

My ouers kuier al die afgelope maand by my en my stiefpa raas nou ook al met haar en met my. Word vir my gesê as ek nie vir haar dissipline leer nie dan sal hy. Hy is besig om op my senuwees te werk. Net 'n voorbeeld, sy wil soms by haar maatjie wat langs ons woon gaan speel (5 uur in middag) Hy sê dan vir haar nee sy gaan nêrens heen nie. Kinders is in die huis 5 uur. Bad 7 uur gaan slaap 8 uur. My kind slaap nie voor 9 uur nie en hy kan dit eenvoudig nie verstaan nie. Bly vir my sê ek is besig om 'n probleemkind te skep. As sy soms lipstiffie aansit of voor die spieël vir haarself staan en kyk dan word daar weer gesê ek moet haar na sielkundige toe vat want sy probeer vir my 'n boodskap gee. Hy sê meisies van haar ouderdom behoort nie make-up te dra nie en so selfbehep te wees nie. (Het gisteraand Oprah gekyk. Een of ander program oor probleemkinders) My stiefpa was met my as kind ook so. Hy het sommer die plathand gereeld ingelê. (Het nie kinders van sy eie nie)

Kan u my asb. raad gee. Ek weet nie meer wat om te doen nie en hoe ek hierdie probleem gaan oplos nie. Het my kind dalk 'n probleem of is ek die een met 'n probleem?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Haar klagte dra die naam die Da Costa Sindroom en is kom voor gewoonlik as gevolg van 'n sielkundige probleem. Daar is geen probleem met haar hart.
Dit lyk asof almal in julle huis onder geweldig baie druk is as gevolg van die gedrag en die ouderwetse idees van jou stiefpa.Hoe gouer hy weer huistoe gaan hoe beter.Almal se senuwees is klaar na sy baie lang vertoef.
Dit is baie belangrik om jou dogter te wys dat haar ouers haar baie liefhet en saggies en moei met haar te praat. Wees baie geduldig met haar. In my opinie doen sy eintlik niks verkeerd nie en om 'n bietjie 'make up' te probeer gebruik doen elke meisie op een of ander tyd.Jou stiefpa is nou 'n gas in julle huis en nie meer die baas van die plaas soos in die verlede nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: charlene | 2006/07/20

louisa, dink jy nie jou ouers het nou so 'n bietjie lank gekuier nie? ek praat van ondervinding. almal raak later geirriteerd, ouma en oupa meng in, hulle is verveeld en kyk te veel ophra ens ens.

ek het geen mediese kennis nie, maar die gekappery klink nie reg nie. wat ek wel weet is dat jou dogter net sowel myne kon wees. soek redes vir my "nee" en staar gedurig na haarself in die spieel en ek moet ook maar baie praat voordat sy luister. probeer ook gereeld om my te oorreed om haar toe te laat om make up te dra (sy is maar 6).

ek het my opvoeding met haar 'n bietjie verander en dinge werk nou beter: bly konsekwent, gee redes vir nee; make up my die huis as sy speel (nie as sy iewers heen gaan nie), as sy nie wil luister na rede nie, word sy gestraf deur sekere dinge weg te neem (bv. geen tv vir 'n week). dit werk uitstekend.

ag weet jy, stiefoupa het defnitief geen idee van kinders nie. ek onthou toe my meisiekind 3 was kom sy huilend by die huis. die maatjies wou nie met haar speel nie, omdat sy nie hi techs dra nie. twee dae later weer dieselfde strorie. hierdie keer omdat sy nie barbie (vir haarself) klere aangehad het nie. die druk op hulle is ongelooflik.

as ek jy was het ek maar 'n einde aan die baie lang kuier gemaak. dit sit nog onnodige druk op julle gesin.

tata en sterkte

Reply to charlene

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.