advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: N | 2008/02/01

Q.

Moedelose ma!

My dogtertjie is 8 weke vandag,en het by geboorte 3.1kg geweeg en toe sy uit hospitaal is 2.552kg.3.5 weke later was ons by 'n pediater en toe was sy 3.6kg en op 6 weke 4.42kg.My probleemis ,haar snaakse drink gewoontes.Sy drink nog steeds nie die aanbevolle hoeveelheid melk op die blik nie,ek gee bottel.Sy drink nan LF.Blik sê150 ml 5 x daagliks.Sy drink bedags elke 2.5-3 ure en snags elke 3-5 ure.As sy langer slaap drink sy 90 ml kla,maar bedags drink sy nie eens 90 ml op nie.As ek haar neersit,lyk dit of sy nog dors is ,sy suig dummy verwoed,maar sodra ek wee haar bottel insit ,dan teug sy basies bnet aan die tiet,suig nie eintlik nie.Deesdae drink sy net so 60 ml op 'n slag.Sy drink so dikwels,want dit lyk of sy heeltyd dors is,en as ek gee drink sy nie als op nie.Sy slaap ook maar min bedags,sommige dae,eintlik meestal,slaap synet so halfuur op 'n slag en woel ander tyd.Snags slaap sy darem vas vi so 3 tot 5 ure,dan begin sy vreeslik woel,en bene optrek ens,huil nie eintlik dan nie,maarsy woel haarself oop en raak dan wakker,dan gee ek maar bottel!
My vraag is :Drink sy reg?My seuntjie was heeltemal anders hy het als opgedrink en nog meer!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie lang en ingewikkelde storie. Hoekom is jou baba op NAN LF?Is daar bewys dat sy laktose-intoleransie het? Sy het ook 'n probleem met koliek wat miskien deur hierdie voeding vererger word.Boonop lyk dit nie asof sy gelukkig is op die NAN LF en dat sy honger bly.'n verandering van haar voeding sal byna seker hierdie probleem oplos.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.