advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Jessie 2 | 2006/07/31

Q.

Melk in bottel????

Is dit regtig so erg as kind van 22 md nog haar melk net in bottel drink. My kind drink als anders in beker, maar verseg om melk uit beker te drink. Sy drink 2 bottels per dag, soggens en saans, sy suig nie aan bottel, drink klaar en slaap. Sy word soms snags wakker dan gee ons haar ook so een slukkie in bottel en sy slaap verder. Ons het haar begin vertel sy is groot meise en net babas drink bottels en dit lyk of sy verstaan, sy't glad al haar bottel in asblik gegooi, maar later soek sy hom weer. Selfs al nesquik in beker probeer, sy drink dit, maar as sy melk wil hê is dit net in bottel. Weet nie of ek dit maar moet los en haar tyd gee, dit maak ons almal nou net ongelukkig.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Gee haar nog tyd, sy is heel gelukkig met haar twee bottels melk elke dag en so nou en dan in die nag ook. Sy sal self ophou om van die bottel te drink

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: mgk | 2006/07/31

MY dogtertjie is 23 maande. Sy is nou vir 4 dae totaal van die bottel af. Ek persoonlik dink nie dit is so erg nie. Dieselfde as joune, het sy nie heel nag gesuig nie en nie heeldag met `n bottel in die mond geloop nie., slegs voor slaap tyd, dan borsel sy tande en slaap. In die oggende met haar slapie het sy haar enigste ander bottel vir die dag gedrink.

Ek het baie lank geborsvoed en suig was vir haar `n troos en sekuriteit. Ek het geen rede gesien om haar onodig te traumatiseer en die ding net weg te vat nie.

Toe het ek begin om die aand bottel met Milo in `n beker wat dieslfde as ons s'n lyk, te vervang, maar die res van die roetine - bad, milo, tandeborsel, storie was dieselfde. Sy het dit wonderlik aanvaar. En toe vat ek laas week die oggend bottel weg en vervang dit met `n strooitjie bottel wat sy self gekies het in die winkel. Sy noem dit haar "eeyore sappies" (die Pooh karakter) maak nie saak wat binne is nie!

Ek verwag nou my tweede en wou graag haar van die bottel af haal voor die nuweling. My volgende stap so oor 2 maande is die doeke.

Ek glo jy en jou kind moet gelukkig wees. Moenie haar of julle self ongelukkig maak nie en moenie na ander luister nie.

Reply to mgk

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.