advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Marina | 2004/09/27

Q.

Kruip

My seuntjie was die 13e September 9 maande oud. Hy sit al van 6 maande af. Hy wil glad nie kruip nie. As ek hom op sy magie neersit le hy so rukkie, rol op sy rug of begin kerm. Hy het nou begin om homself teen goed op te trek. Hy staan al sterk, en wil net staan. Ek het gehoor dis baie belangrik dat babas moet kruip. Maar hoe nou as hy nie wil nie. Wat gaan gebeur as hy kruip oorslaan en begin loop?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit klink of u babe heeltemal normaal is en sommige kinders begin wel stap sonder om ooit werklik te kruip. Die reël is eerder dat 'n mens 'n kind moet toelat om sy eie natuurlike ontwikkelingspatroon te volg sonder inmenging van bv. 'n loopring ens.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: stef | 2004/09/27

Hi,
Miskien is jy te oorhaastig, my babadogtertjie was 'n rapsie oor die nege mnde, toe begin sy eers kruip. So wag maar eers, en kyk wat gebeur.

Reply to stef
Posted by: RT | 2004/09/27

Sekere kinders kruip glad nie. Ek weet my man het nooit gekruip nie se sy ma hy het dadelik begin loop. As dit jou baie pla vat hom maar pediater toe net om jou gerus te stel.

Reply to RT

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.