advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: Dadda | 2009/04/07

Q.

kronies hardlywig

Doc, my dogtertjie van 16 maande sukkel met kroniese hardlywigheid.Dis `n lang storie maar is nodig vir agtergrond.Sy is op 6 maande in die hospitaal opgeneem met citokose(papegaai siekte).Na dit opgeklaar is het ons uitgevind sy het asma, is 77%allergies vir melk, en het allergie vir stof en grassade ens.Sy het ook reflux van geboorte af. Di emelk allergie en refluks kom van geboorte af so dit het gemaak dat ons haar op Isomil gesit het.Van daar af was sy baie kere siek met oor infeksies en keel ontstekings.Daar is toetse gedoen en gevind dat sy `n tekort aan die igg4 immun het maar nie ernstig nie.Haar medikasie op die oomblik waarop sy kronies is, is as volg:
-Seretide 50/25 twee keer per dag
-Singulair een daagliks
-Losec Mups Halwe pil twee keer per dag
-Betnesol neus druppels 2 keer per dag

My vraag is nou, is daar enige van die medikasies wat haar hardlywigheid kan vererger?
Hoe kan ons help met die hardlywigheid, ons het duphalac probeer en dit werk nie, gliserien setpille kom ook net so weer uit en doen nie eintlik iets nie.prunes help so bietjie maar sy wil dit nie eet nie.Op die einde van die dag dan word dit so erg dat sy opgeneem word in die hospitaal agv die hardlywigheid.die pooh kom uit maar is net kliphard.Sy eet baie vrugte en drink baie water, sy hou nie van sappe nie net water.Sy is tans ook op Isomil3 400ml per dag.Is daar enige ander formule wat sy kan gebruik wat kan help met hardlywigheid, ek het al gelees van Novalac anti constipation maar is nie seker oor dit nie omdat sy allergies is vir melk.Ons is regtig nou al raadop en die arme kind kry swaar,sy was al vir soveel toetse en goed, ek wil haar nie deur verdere goed laat gaan nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is uiters noodsaaklik om die Isomil voeding te stop want dit is die oorsaak van jou baba se hardlywigheid.Probeer eers Similac Alimentum en sien of sy dit sal drink. Indien nie sal bokmelk miskien die antwoord wees aangesien sy allergies is vir gewone melk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: dadda | 2009/04/08

Ons het 15 tot 20 ml op `n dag gegee dan werk dit nie rerig nie

Reply to dadda
Posted by: Nuwe ma | 2009/04/07

Ek dink dis die Isomil wat die probleem is. My dogtertjie was ook so hardlywig op Isomil. Hoeveel Duphalac gee julle ' n dag? My pediater het gese daar is nie ' n limiet nie, mens moet gee soveel soos dit vat om te werk want dis ' n natuurlike produk. Ek het my dogtertjie 5ml gegee op 6maande en dit het gehelp.

Reply to Nuwe ma

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.