advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Rentia | 2004/01/09

Q.

Klaerige Kleuter

Hi Doc,
My dogtertjie is nou 15maande oud, en in die oggende as ek en my man regmaak vir werk - begin sy ongelooflik klaerig raak. Sy loop en huil en kla - tot op 'n punt wat ek dit nie meer kan hanteer nie, ek het haar al in haar kamer toe gemaak want ek wil nie my humeur met haar verloor nie, maar dit breek my hart as sy huil. Ek kom ook agter sy wil opgetel wees en waar trek jy die lyn. Sy is by 'n dagmoeder wat sy baie van hou - sy steek altyd haar armpies uit na haar, so ek dink nie dat dit is dat sy nie wil skool toe gaan nie.
Is dit net 'n fase? Hoe moet ek dit hanteer? Is dit 'n vorm van manipulasie? Sy is my eerste kind.
Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit klink nie of sy enige soortgelyke probleme het ander tye van die dag nie. Dit is mees waarskynlik omdat sy dardie tyd van die oggend geen aandag ontvang nie en afgeskeep voel. Miskien kan u probeer om haar by u oggend roetine te betrek. Straf sal waarskynlik presies die teenoorgestelde uitwerking hê. Ek besef dit is soms baie moeilik om die belange van 'n mens se kind en die noodsaaklikheid om te werk en professioneel te wees te kombineer, maar met insig en geduld is dit wel moontlik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.