advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Jessie | 2008/01/20

Q.

Kinkhoes

Middag Dokter
Vriende van ons het 'n dogtertjie van 4 weke.
Sy is verlede naweek opgeneem in 'n Kliniek vir behandeling van kinkhoes volgens die dokter met drip, suurstof, ens. Volgens die dokter is sy ook alergies vir die melk, haar melk is verander. Sy is Vrydag die 18de ontslaan. Gister het sy op haar pa se skoot aan die slaap geraak op die "lazy-boy" stoel, haar pa het gevoel sy word heeltemal slap, toe hy haar oplig was sy blou in die gesig. Hulle het met haar deurgejaag met die ambulans en is weer opgeneem in dieselfde kliniek. Is daar enige medisyne of boereraat wat hulle kan probeer. (Volgens ouma het hulle babatjies met 'n vliegtuig laat vlieg en dit het gehelp)
Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ongelukkig is daar geen effektiewe behandeling vir kinkhoes in babas. Dit is belangrik om in die begin wanneer die diagnose gemaak is 'n antibiotika te gebruik asook 'n kort kursus kortisoon behandeling. Dit is tipies van kinkhoes in babas dat die baba hierdie soort 'stuipe' ontwikkel en om die rede is dit 'n baie erge siekte in babas.Met tyd sal die simptome begin verminder maar dit is belangrik dat die baba deeglik dopgehou moet word en haar dadelik in die hospitaal opneem indien sy weer ophou om asem te haal.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.