advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Pappa | 2004/11/17

Q.

Kinders kry pakslae by familie

Ek en my vrou sit vas omtrent die onderwerp.
My swaer en skoonsuster is my kinders (5 en 2 jaar) se
peet ouers maar hulle glo dat as ek nie my kinders pakslae gee
wanneer dit volgens hulle nodig is nie, hulle dan self sal ingryp en my kinders pakslae sal gee voor my.
Natuurlik wanneer hulle die pakslae gee dan raak ek woedend, want ek kry nie eers kans my regte op my kinders toepas nie.
Wat is julle opinie omtrent die onderwerp?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is in my opinie onaanvaarbaar dat iemand anders kinders dissiplineer in hulle ouers se teenwoordigheid, maar die heel beste is dat jy en jou vrou eers hieroor gesels. Julle moet dit onderling uitmaak en in liefde aan julle kinders se beste belang dink en nie an julle eie ego's nie. As julle saamstem moet julle gesamentlik met die peetouers gesels. Meestal probeer peetouers net om te help en dit is belangrik om saam met hulle aan die kinders se beste belang te dink en dit nie in 'n persoonlike konfrontasie te laat ontaard nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: Norma | 2004/11/19

Hi,

Ek stem saam dat jy moet inpas by ander se huis reels as jy daar gaan kuier, maar dan moet jy die straf uitdeel, nie die persoon wie se huis dit is nie, en nog n ding n 2jarige kan nie als verstaan nie en wil nog "explore" binne perke bedoel ek....
Staan op jou regte as PA en ek dink inelkgeval n 2jarige is te klein vir n "pakslae" miskien n piets op die hand, maar nie n pakslae nie.

Baie sterkte, ek weet dat kinders se opvoeding noggal baie russie in die huwelik kan veroorsaak.

O, ja, ek dink in elkgeval dat Peet-ouers net bederf ours is (veronderstel om jou kinders te bederf), totdat jy en jou vrou iets oor kom, dan is hulle die ouers.

Maar ja, dis maklik om kommentaar te lewer as jy nie self kinders het nie...



Reply to Norma
Posted by: Pappa | 2004/11/19

Baie dankie.
Dit is ook hoe ek redeneer, maar ander mense sien dit nie so in nie.
Ek voel dat n kind n pakslae moet kry op sy tyd, maar as jy gaan toelaat dat ander mense hulle n pakslae gee omdat jy nie vinnig genoeg dit doen na hulle sin nie, dan gaan ju kind mettertyd n kompleks ontwikkel.
Hulle pa en ma is mos die gesag figuur.
Elke mens se wyse van opvoeding en omstandighede verskil en as almal dieselfde is dan sou dit n baie vervellige wereld wees hierdie.
Ek se peet ouers se plig kom in as ek en my vrou te sterwe kom, maar my kinders is onder my dak en ek sal die reels toepas waarmee en gemaklik voel.
My vrou en peet ouers voel dat as ons vir hulle kom kuier dan moet ons inval by hulle huis reels wat ek verstaan, maar hoe verduidelik jy dit aan n 2 jarige (terrible 2's)
Snaaks hoe anders mense jou altyd raad wil gee wat nie self kinders het nie.

Dankie vir jou insig.

Reply to Pappa
Posted by: Norma | 2004/11/19

Hi,

Dis tyd dat jy op jou voete staan en die familie aanvat.....
Niemand slaan aan my kind nie, nie eers sy Peet-ouers nie.....
Jy en jou vrou moet die manier van disipliene in die huis uitsorteer en dan dit toepas, dis immers julle kinders, geen ander mens het die reg om jou kind te slaan omdat jy dit nie doen nie. Pakslae is ook nie altyd die regte ding om te doen nie......

Ek dink dis tyd dat jy die familie "pakslae" gee.

Nee, ek sou lankal my kop verloor het.

Praat en red jou kinders van familie....!!!!!!!!

Reply to Norma

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.