advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Marabi | 2008/01/04

Q.

Inenting vorm abses

Baba se geboorte ent , wat hy in hospitaal ontvang het op die regter bo-arm - lyk al van geboorte af nie reg nie. Baba-kliniek susters het herhaaldelik bevestig dat die swelling en amper pitsweer tipe ent normaal is - maar dit lyk baie abnormaal vir my.

Die ent het 'n groot geel/pers abses gevorm en soos 'n reuse punt uitgedruk uit baba se armpie. Baba was ongemaklik en dit het so 2 weke terug gebars toe ek hom optel uit sy wiegie. Dik geel etter het uitgepeul soos 'n vulkaan! Ek het die armpie skoongemaak met chirurgiese swabs en antispetiese vloeistof opgesit en dit bedek. Die gat wat dit gelos het was unorm! Ek sukkel nou al 2 weke lank , maar die sweer bly rowe maak en net weer sweer onder die roof.

Wat lê my te doen?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie probleem kom dikwels voor en word 'n BCG abses genoem.Die BCG is die inenting teen TB en word net na geboorte gedoen.Gewoonlik sal die abses vanself genees, maar in hierdie geval klink die abses bietjie erger as gewoonlik. Net om veiligheids redes sal dit die beste wees om jou pediater te raadpleeg om seker te maak dat daar geen ander infeksie miskien hierdie abses vererger het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: JOLENE | 2015/07/16

MY BABA IS GISTER 7 WEKE OUD EN SY ARM ENTING HET GISTER OOP GEBARS DIT WAS, NORMAAL TOT SO WEEK TERUG TOE BEGIN DIT GEEL PITSWEER AGTIG RAAK NA DIE PIT GISTER UITGELOOP HET LYK ALS OK OP DIE ARM EK WAS OOK BEKOMMERD GEWEES TOT GISTER WAT DIT OOP GEGAAN HET

Reply to JOLENE
Posted by: Shelly | 2013/03/14

My baba se inenting met geboorte het normaal gelyk, maar hierdie laaste week begin swel en vandag aan hom gevoel en dit voel soos 'n klip harde knoppie. Is dit normaal ? Wat kan gedoen word sodat dit nie ook, dalk bars nie. Baba is ook baie huilerig laaste twee weke, weet nie of dit hieroor is nie ?

Reply to Shelly

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.