advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: TKR | 2007/12/12

Q.

Hoes

Hallo Dokter

My dogtertjie hoes deesdae baie. Dit gebeur meestal wanneer sy besig is om aan die slaap te raak, en wanneer sy wakker word. Deesdae hoes sy haarself wakker in die nag ook. Daar is wel slym op die borsie wat jy kan hoor as sy hoes. Sy gooi ook baie op die afgelope twee maande, soms twee of drie keer per dag. Sodra sy iets kry wat n te groot stukkie kos is, raak sy naar en gooi op. Sy is nou al 15 maande oud. Ons was by ons pediater gewees, reeds twee maal, en hy se dis omdat sy allergies is en haar kiestande nou uitkom. Hy se haar ogies lyk pofferig en dis n teken van allergiee. Hy het vir haar Allergex gegee, en gese ons moet oorslaan na n ander medisyne vir allergiee (het nie nou die naam nie), en dit klink of die slym wil losser word, maar sy hoes niks uit nie. Sy het ook soms hierdie aaklige erge hoes reg aan die einde van haar hoesbuie, wat klink of daar n irritasie in haar longe self is, asof sy wil 'diep' hoes. Soms as haar magie leeg is, en sy hoes so erg, hoes sy slym uit. Sy is oor die algemeen n baie gesonde kind, maar hierdie hoesery die afgelope tyd bekommer my. Moet ons n ander dokter of spesialis gaan sien, of kan dit tande en allergiee wees? Sy is nie by n creche nie, sy bly by die huis by ons bediende.

Dankie vir die hulp!

TKR

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Soos die baba in die vorige vraag ly jou dogterjie aan kinkhoes.Dit het niks met allergie of tandekry te doen nie.
Die enigste behandeling wat nou sal help is Aterax stroop 4ml voor sy gaan slaap. Dit sal die hoesbuie vermunder.Die ou naam vir kinkhoes was die'honderd dae hoes'!Sy sal so stadig, stadig minder en minder begin hoes en weer gesond raak, maar dit neem tyd.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: bekommerd | 2007/12/12

My dogtertjie is nou 14 maande oud , en ek sit met dieselfde probleem, ons het Saterdag gesien sy begin siek word, het haar ook by die dr gehad en hulle het antibotika voorgeskryf en bronchoped,singulair, en stoom 3 maal per dag, maar dit word nie beter nie, sy gooi op wil nie een of drink nie, en as sy drink drink sy 20 -50 ml op n slag.

Reply to bekommerd

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.