advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: tammy | 2006/11/12

Q.

Het regtig hulp nodig

My dogter van 9 jaar is oorgewig. Ek het haar by die dokter en dieetkundige gehad.Sy is vir 3 maande op die program en geen
resultate is bereik nie.Die dok het haar getoets vir suikersiekte maar was negatief.
Sy is baie aktief en eet genoeg van die regte kos,lekkers word nie baie toegelaat nie en as dit word is dit eenmaal per week.
Sy het 34kg geweeg toe begin is met program en intussen het sy 5kg opgetel.
Dis baie in 3 maande se tyd.
Daar moet n probleem wees,maar wat?
Elke keer as ek dokter toe gaan word daar net nuwe programme uitgewerk,ek kan dit nie meer bekostig nie.
My kind is baie ongelukkig alhoewel ek haar altyd verseker daar is niks fout nie,en dat sy pragtig is.
Ek wil haar graag help maar om by die dokters te hoor sy mag net sekere goed eet en baie oefening doen,laat haar glo sy is vet.
Wat moet ek doen?
Ek gaan nie laat my kind pille gebruik nie want sy ooreet haar nie.Sy eet net as sy honger is en dis gewoonlik so 4 keer n dag,lae gi kosse is amper al wat sy kry.
Haar grootste probleem is die magie,groot en rond,en die ronde gesig.Haar bene is maer.
Help my met goeie raad asb!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is bekommerd oor hierdie storie. Jou dogter is beslis oorgewig want haar gewig le op die 92de persentiel vir haar ouderdom, maar daar is drie dinge wat my pla: Eerstens eet sy redelik normaal, tweedens doen sy gereeld oefening en derdeds is haar gesig en magie geswel, maar haar bene is skraal. Dit kan miskien deur 'n klier probleem met die naam van Cushing's Sindroom veroorsaak word en dit is belangrik om te verseker dat dit nie die geval is nie. Ek sal aanraai dat sy deur 'n pediatriese endokriniloog ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Andrietha | 2006/11/13

Het hulle al haar skildklier getoets?

Reply to Andrietha

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.