advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Mamma | 2008/01/13

Q.

Hart murmer

Dr, my baba'tjie is 7 weke oud. Met geboorte het hulle 'n suising op die hartjie gehoor. Op 1 week het hulle 'n hart scan gedoen en 'n klein gaatjie tussen die onderste 2 hartkamers gesien.waar die bloed deurgvloei. Dr se dat dit later self sal regkom...Het op 6 weke weer geluister en gese dat die hart suising beter klink, maar nie nodig het vir volgende sonar nie. Het net gese dat dit nie lyk of dit die baba nou pla nie en ons dit sal dophou....Is dit voldoende? Hoe lank neem so 'n gaatjie om self toe te gaan? My baba'tjie lyk goed, drink goed en vorder andersins goed. En watter simptome kan ek voor oplet indien die gaatjie wel my baba'tjie begin 'pla'?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort hart suising of geruis kom baie dikwels voor in pasgebore babas. Hierdie spesifieke geruis is as gevolg van 'n baie klein gatjie tussen die twee grroot hartkamers of ventrikale en word 'n VSD genoem. In die geval van klein gatjies soos hierdie een, behoort dit vanself toe te groei en daar is geen rede vir kommer nie. Hoe lank dit sal neem is moeilik om te antwoord maar dit kan tot twee jaar of miskien effens langer neem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.