advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Vicki | 2006/10/24

Q.

Hardlywigheid weens formulemelk

Goeiedag dokter

My baba is nou 5 weke oud, en sedert geboorte op S26 formulemelk. Sy is hardlywig, en passeer nie daagliks 'n stoelgang nie. Indien dit wel gebeur, gaan dit met krampe gepaard. Is dit veilig om Duphalac te gebruik? Hoe gereeld kan sy dit gebruik? Moet ek dit nie eerder oorweeg om na 'n ander formule oor te skakel nie? Het ook die raad ontvang om 2ml olyfolie by elke voeding te voeg - weet nie hoe gesond dit is om soveel olie per dag in te neem nie. Hoe gereeld behoort sy 'n stoelgang te passeer, en behoort die tekstuur daarvan elke keer dieselfde te wees?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is heelwat babas wat hardlywigheid op een of ander formulemelk ontwikkel.Ek is nie gelukkig om in 'n baie jong baba Duphalac te gebruik nie. Dieselfde gaan vir die olyfolie. In hierdie geval sal ek aanraai om die melkformule te vervang-'n goeie keuse is NAN1. Probeer dit gerus ne sien of dit die probleem oplos.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Anonymous | 2016/01/05

Goeie dag.Ek sit met dieselfde probleem.My baba van 3weke is tans op NAN1. Ek hoor Infocare is goeie blik melk Wat kan ek gee vir hardlywigheid en maagkrampe.

Reply to Anonymous

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.