advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: nic | 2003/12/28

Q.

Haar luise/neute

Ek soek raad asb. my dogterjie se kop is vol neute, ek het die kop luise dood, maar die neute wil nie weg nie.Dit is regtig ernstig, sy het baie lang hare. Ek is bang dit versprei na ons.
dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek het in 'n vorige vraag geantwoord dat 'n spesiale kopluiskammetjie die antwoord is om die nete uit te kam.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: clschuin@gmail.com | 2015/04/07

my dogter het al amper 3j luise en ons kry dit nie weg nie ons het al haar hare met ales gewas en dan die luis kammiejie gevat en dit uitgekam maar haar hare is te dik elke keer as ons dit net uitgekry het en sy gan trig skool toe dan is die luise ook weer trig asb julle he[p ek het als al proebeer...

Reply to clschuin@gmail.com
Posted by: Time_Man | 2004/01/05

Ken ek nie daai frustrasie nie , ons bly in nelspruit en die kopluise is regtig omtrent deel van ons lewe hier as gevolg van die klimaat . My vrou sit ook in die son met my dogter se hare en trek neet na neet uit , onthou net dat soos vorige persoon gese het is vat neet twee weke om uit te broei maar wat almal vergeet is dat teoreties moes al die nete op die selfde dag gele gewees het om net na twee weke weer te was , wat werk is om vir elke dag vir twee weke te was en sodoende die nete wat uitbroei te verhoed om nuwe nete te le . Ek het n middel hier gekry by een van ons apteke en dis al wat ek gekry het wat werklik gewerk het maar kan dit nou nerens opspoor nie die goed se naam was lice-B-gone ingevoer van amerika en 100% natuurlik .Damn dit het gewerk maar kan nou nerens weer van dit kry nie as enige iemand weet waar om te kry asb laat weet my . Hoop ek kon bietjie help

Reply to Time_Man
Posted by: Weetvan | 2004/01/05

Oe, ek ken die frustrasie. Het gevind dat dit ook help om sjampoo met koeksoda te meng in 'n pasta en dan die hare daarmee te was. Die neute kom ook bietjie makliker af. Die kammetjies wat jy saam met die luisdoder kry help nie om die neute af te kry nie. Sterkte.

Reply to Weetvan
Posted by: Ellie | 2003/12/30

Ek hoor jou frustrasie en ongelukkig is daar geen "vinnige" manier om van die nete ontslae te raak nie. Die beste raad wat jy kan volg is om in sonlig te gaan sit met die kind voor jou en die hare in seksies opdeel. Die sonlig laat die nete blink en dus is hulle makliker sigbaar. Gaan dan elke seksie haartjie vir haartjie deur en trek die nete tussen jou voorvinger en duim van die haar af. Hou 'n bakkie met sterk dettol-water langs jou en soos jy die nete aftrek, sit hulle in die bakkie wat jy later dan afspoel in die toilet sodat jy WEET die goed is weg. Ander raad wat ek gegee is, is om 'n groot hoeveelheid conditioner in die hare in te werk en dan die hare haartjie vir haartjie te deursoek en die nete af te trek. Met die conditioner gly hulle makliker van die hare af as jy hulle aftrek. Hierdie prosedure moet elke twee weke herhaal word aangesien die lewensiklus van luise twee weke is - vanaf die neet gele is tot hy uitbroei is twee weke. En die slegte nuus is dat julle almal waarskynlik alreeds besmet is want julle is tog in noue kontak met julle dogtertjie - scary, ek weet, maar die goeie nuus is: luise hou nie van vuil hare nie, want hulle kry nie vashou plek aan die olierige hare nie. Dus is dit niks om oor skaam te voel nie, dis 'n epidemie en 'n voortdurende stryd om die koppe luisvry te hou. Baie sterkte!

Reply to Ellie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.