Childhood Diseases

Question
Posted by: charlene | 2007/05/29

Q.

geen eetlus

ek het sopas 'n vraelys op health 24 ingevul wat my vermoedens net weer bevestig het: ek het 'n GROOT probleem met my tweejarige se eetgewoontes. sy het letterlik nog nooit 'n noemenswaardige ete geeet nie. self met die bekendstelling van vastekos (wat eers op 8 maande begin het omdat sy glad nie in kos belanggestel het nie) het sy nooit meer as 3 happies geeet nie. ek het aangeneem dat sy nie van die betrokke kos hou nie en het ek alom die tweede dag 'n nuwe smaak aan haar bekendgestel , maar nog steeds toon sy GEEN belangstelling in kos nie. letterlik niks. daar is 'n daadwerklike poging aangewend om dit vir haar so interessant (kleurvol, gesiggie kos, speel-speel, kerse langs die etenstafel ens) moontlik te maak, maar sy weier steeds. of kom ons stel dit so: sy sit die kos in haar mond, kou dit en spoeg dit weer summier uit.
maar voor julle nou dink daar is dalk iets met die keeltjie fout - defnitief nie. sy het geen probleem om chippies, sweets en roomys te eet nie en o ja, verlede desember het sy letterlik 'n een kilogram boks litchies per dag opgeeet.
die kinders kry min of geen lekkers gedurende die week nie en ek het selfs sover gegaan dat daar die afgelope maand GEEN lekkernye in die huis nie. maar nog steeds eet sy nie.
haar dieet bestaan dus uit haar bottels met melk en vrugtesap. ongeveer 4 bottels melk en so 2 glasies vrugtesap per dag.
ons eet as huisgesin saam aandete by die tafel. sy sal ook daar sit, maar eet nie saam nie.
ons dokter het my verseker dat my vrese ongegrond is. sy is gelukkig, regte gewig en omtrent nooit siek nie. was nog net een keer op antibiotika vir blaasinfeksie.
maar my instink se net vir my dat die kind defnitief nie al die voedingstowwe inkry nie.
dit is vandag presies 3 weke dat sy net melk en vrugtesap inkry.
asseblief, ek het dringend hulp nodig.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Forum lede antwoord asb.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.