Childhood Diseases

Question
Posted by: Worried Mommy | 2007/04/03

Q.

Food

Hallo Dokter

My 10 maande oue seuntjie sukkel om kos te eet, soos Purity se 4th Foods.
Hy word naar en gooi dan op. Hy sukkel om kos te eet wat grof is soos byvoorbeeld aartappels wat net gemash is, maar nie tot dit heeltemal glad is nie. Dis nie groot stukke aartappel nie, dis net soos korreltjies.

Dis baie moeilik om te verduidelik. Hy het al 5 keer mangelonsteking gehad sedert Oktober 2006, kan dit moontlik dit wees of is hy nog net nie gereed om daai tipe kos te eet nie?

Kan u my help?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is baie babas wat nie growwe voedsel wil eet nie en dit is nodig om vir 'n redelike lang tydperk aan te hou om hulle kos fyn en glad voorteberei.Wat my hier 'n bietjie bekommer is dat hy so dikwels mangel onsteking ontwikkel. Ek sal aanraai dat hy deur 'n ONK spesialis ondersoek moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.