advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: ester | 2008/05/22

Q.

dringend: opgooi en koors

My peutertjie is 16maande oud. Sy het gisteraand 2 keer opgegooi, maar verder niks makeer nie. Vanoggend het sy 'n ligte koors gehad van 37.6. Ons het vir haar Lotem gegee. Sy is tans by haar dagmoeder en sy het nou 'n koors van 38.3 wat gesak het na 38.1 nadat die dagmoeder vir haar iets gegee het vir die koors. Sy het nog nie weer opgegooi nie en haar magie spoel ook nie. Ons is bespreek om more middag oorsee te vlieg en ons kaartjies kan nie geskuif word nie. Hoe weet ons of dit iets ernstigs is wat oor 'n dag of drie ten volle gaan ontwikkel nie en dan is ons in 'n vreemde land? Wat stel u voor?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is byna ontmoontlik om hierdie vraag te antwoord sonder dat jou kind ondersoek kan word. Daar is baie redes vir hierdie soort simptome, van mangelontsteking tot meningitis. Dit is uiters belangrik dat sy deur haar pediater ondersoek word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.