advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Jean | 2008/01/29

Q.

Donker kringe om oë

Hi dokter,

My dogtertjie is vandag 13 maande oud. Ek het gister opgelet haar oë sit bietjie diep in haar kaste en het donker kringe onder. Ek het eers gedink sy is gedehidreer, maar sy drink haar melk en tee baie goed. Sy eet ook baie goed.

Sy het laasweek 'n hoë koors ontwikkel en haar pead het bloedtoetse geneem en vasgestel dat dit 'n virus was. Die koors het vir 'n week aangehou (aan en af) en ek het weer haar pead laat weet. Hy het vir haar 'n antibiotika inspuiting (eenmalig) gegee - dit was Vrydag. Sy is baie beter vandaaraf, maar die donker kringe om haar oë pla my.

Wat kan donker kringe of ingesinkte oë veroorsaak anders as dehidrasie?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dehidrasie is die gewone oorsaak van ingesinkte oe.Donker kringe onder haar oe kan as gevolg van haar onlangse siekte wees en sal gou opklaar, maar is ook 'n belangrike teken van 'n allergiese probleem of siekte.Dit is belangrik om seker te maak dat haar hidrasie normaal is en die beste sal wees om haar pediater weer te raadpleeg in die verband.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.