advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: Bekommerde mamma | 2007/06/26

Q.

Dogter stimuleer haarself

Ai jinne, ek hoop hier is iemand wat my DRINGEND kan help, ek het gedink dit gaan oorgaan en is net nog 'n fase, maar toe nie. My dogtertjie is nou 3 en half en het so jaar terug begin om haarself te stimuleer. Sy sal op die grond/bed lê en dan haar handjie tussen haar bene indruk en aanhou vir lang tye. Dit kom en gaan, dit hou gewoonlik aan vir so 2 weke (en dan doen sy dit gewoonlik NIE by die creche nie) net in die aande wanneer ons by die huis is. Ek het al geraas, ge-ignoreer, mooi gepraat, gesmeek maar niks help nie. Dit het nou weer begin so paar dae terug en is erger as ooit. Sy doen dit nou selfs by die skooltjie. Ek weet nie meer wat om te doen nie, ek voel so hulpeloos en niks wat ek sê of aanbied laat haar ophou nie. Net 'n puntjie wat dalk van belang is: ek is enkelouer en het haar alleen groot gemaak vandat sy 6mde oud is, alhoewel ons vir die eerste jaar by ouma en oupa ingetrek het. Ons bly nou al meer as 'n jaar op ons eie en dit het so jaar en half terug begin (net nadat sy by haar dagmoeder weg is). My vriend van die afgelope jaar het nou onlangs by my ingetrek en is baie geduldig met haar en sy is baie erg oor hom. Wat kan die oorsaak wees??? Ek is raad-op en weet nie meer watter kant toe nie!?!? :-(

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Glo dit of glo dit nie ek kan jou verseker dat dit net 'n fase is wat sy deurgaan en wat niks te doen het met enige seksuele voelings nie.Sy sal hierdie stadium ontgroei.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
user comments

C.

Posted by: Bekommerde mamma | 2007/06/26

ai jinne, Pappa3, dankie vir die ondersteuning, ek voel al klaar stukke beter... Om een of ander rede is dit soveel makliker om dit alles hier uit te blaker (hehehe, seker omdat niemand jou ken nie) en needless to say, dis redelik embarrassing om dit oor te vertel (ja, selfs aan ouma). Dankie weer vir al die raad, ek sal jou op hoogte hou.
Groetnis

Reply to Bekommerde mamma
Posted by: Pappa3 | 2007/06/26

Jammer as ek jou op hol gejaag het met die seksuele ding, maar soos jy wel sê, dis beter om seker te maak ALS is wel reg. As ek jou nog raad kan gee, moet NOOIT net sommer enige-iets glo wat enige persoon sê nie. Gebruik jou instink en hulle sê moes, mammas is altyd reg. Mens moet ook nie paranois wees nie - maar weet een ding, jy SAL 'n oplossing kry hiervoor, maak nie saak wat die oorsaak is nie. En o ja, die maatjie idee, dink dis dan beter om dit nie weer te try nie nê :-) Ps. Klink vir my asof sy 'n ooraktiewe seks -hormoon het - dit kan maklik beheer word - maar hoe gouer hoe beter. Al's sal sharp wees, jy sal sien.

Reply to Pappa3
Posted by: Bekommerde mamma | 2007/06/26

Askies, net so terloops: ek HET die maatjie oornooi ding probeer... wat 'n FIASKO!! die arme maatjie het later op haar eie gaan speel want my kleintjie het kort kort op die bed gaan le en haarself gestimuleer. Aandag aftrek werk ja, maar net vir 5 minute en veral as ek net my rug draai. Dis somtyds so erg dat sy later op die grond aan die slaap raak en haar haartjies papsopnat gesweet is en die wange bloedrooi. Ek haat dit om haar so te sien maar hopelik sal die sielkundige more 'n liggie kan gooi op die onderwerp.

Reply to Bekommerde mamma
Posted by: Bekommerde mamma | 2007/06/26

Baie dankie vir julle raad en veral ondersteuning. Na 'n lang oorweging en getob, het ek besluit om haar na die Kinder Sielkundige te neem net om seker te maak ALS is reg en dat daar nie 'n meer ernstige probleem is nie. My eerste afspraak is more oggend. Hou maar asb vir ons duime vas en baie dankie, dis goed om te weet ek is nie die enigste waarmee die gebeur nie en dankie ook aan Pappa3, ek is seker jy is 'n stunnig pa! Groetnis

Reply to Bekommerde mamma
Posted by: Ook n ma | 2007/06/26

Hi Daar

Ek het ongelukkig geen raad nie, maar het dieselfde vraag vir die paed laasweek gepos, my seuntjie is 18 maande en doen presies dieselfde. Dit het begin toe hy n jaar was en toe opgehou en nou die afgelope maand weer. Hy 'hump' sy teddy, druk my hand teen hom voor en skuur daar of doen dit met sy eie hande.

Die dokter het laat weet dit is nie seksueel nie en normaal.

Ek weet dit kan baie verleentheid veroorsaak, veral as hulle dit voor gaste of vreemdelinge begin doen, soos ons seuntjie gewoonlik maak!

Reply to Ook n ma
Posted by: Pappa3 | 2007/06/26

Hi daar - vra vir haar wat doen sy, laat sy vir jou sê wat sy besig is om te doen - vra vir haar aan wat sy dink terwyl sy dit doen. Hoe het sy op die sensasie afgekom - kry die info van haar af. Kinders wat seksueel betas word en bewus gemaak word van hulle seksualiteit toon gewoonlik sulke optredes. Kyk, ek is nie 'n professionele dr/sielkundige nie, ek is net iemand wat baie lees en ook persoonlik gehoor het van dogtertjies wat gemolesteer was. Dit kan ook glad nie iets te doen hê met molestasie of seksuele aanranding nie, dit kan bloot net oormatige hormone wees - die beste sal wees om presies by haar uit te vind waaraan sy dink terwyl sy dit doen, hoekom sy dit doen, hoe dit begin het ens ens - maak notas en jy sal by die oplossing kom, probeer haar ook laat verstaan dat wat sy besig is om te doen is verkeerd. Wees geduldig met die vra, jy wil haar nie maak terugtrek in haar dop in nie - ook kan jy haar probeer besig hou met iets anders waarvan sy hou sodra jy agterkom sy is besig met stimulasie - soos kry 'n nuwe DVD of nooi maatjies oor of so iets. Alle sterkte en en glo jy sal regkom.

Reply to Pappa3

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.