advertisement

Childhood Diseases

Question
Posted by: EN | 2007/03/19

Q.

Could it be the formule? (AFR)

My baba (9mnd) het vrydag nag deurgeslaap! Sy was nog altyd 'n rustelose slaper en het
'n paar keer per nag wakker geword. Ons het altyd vir haar nog 1 voeding in die nag gegee.
Ons het vir 'n paar dae sleep training probeer doen, maar nie eintlik by die metode gebly nie
en maar ons eie koppe gevolg. Ons kon nie glo toe sy vrydag so goed slaap nie.
Al wat ons 'anders' gedoen het was om vir haar pap ook te gee behalwe die groente wat sy altyd vir aandete kry.
Ek het gedink dat dalk is sy honger in die nag? Maar toe wil sy nie haar melk drink nie, seker
vol gewees van die pap. Toe slaap sy sommer deur!
Saterdag nag het ons dieselfde gedoen. Groente soos altyd, ekstra pappies en toe drink sy
120 ml melk. Sy het net 1 keer wakker geword.
Sondag nag doen ons dieselfde. Groente, pappies en 100ml melk. sy het nie 'n goeie
nag gehad nie. 'n Paar keer wakker geword en geskree asof sy pyn het. Sy het die res
van die nag rusteloos geslaap.
Vadat sy vrdyag deurgeslaap het , het ons besluit om nie meer melk in die nag te gee nie.

Enige raad? Sy drink NAN HA vandat sy 4 wke oud is

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie interessant. Forum lede beantwoord asb hierdie vraag.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: L | 2007/03/24

Dit klink of sy genoeg van alles deur die dag ook kry. Maar ek sal nie vir haar pap in die aande ook gee nie. En die huilery kan dalk niks met haar diet te doen he nie. Maar ek stel voor haar daaglikse diet lyk soos volg:
Ontbyt: Pap
Snack: Vrug (finger snack)
Middag ete: groente en vleis
Snack: Vrug
Aand ete: Groente (Minesterone Sop of stew) Hier kan jy dalk n bietjie aartappels by sit of gluten free pasta.

Ek neem aan jy gee haar kos totdat sy genoeg gehad het.
Ek stem saam dis n goeie idee om nie meer melk in die nag te gee nie (behalwe haar melkies voor bed) Wees ook versigtig dat sy nie n gewoonte daarvan maak om met die bottel in die mond aan die slaap te raak nie, dit gebeur so gou. Die huilery kan wees omdat sy haar bottel soek en dalk niks met haar diet te doen het nie.

Reply to L
Posted by: EN | 2007/03/22

Ontbyt kry sy Taysty Wheat (spelling mag verkeerd wees) maar dis pap.
Middagete kry sy groentes en hoender.

Reply to EN
Posted by: L | 2007/03/21

Hi daar

Kan ek vra wat kry sy vir ontbyt en middag ete?

Reply to L

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.