advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Lizelle | 2007/12/12

Q.

Celestamine

Hi doc,

My dogtertjie is 11 maande oud en sy het begin met 'n erge hoes op so 7 maande. Sy sal 'n hoesbui kry en dan raak dit so erg dat sy opgooi. Ons was pediater toe en hy het Celestamine en nog iets voorgeskryf. Dit het baie goed gewerk en sy het ophou hoes.

Op 9 maande het sy weer begin met die hoes en sy het weer begin opgooi na 'n hoesbui. Dit gebeur 3, 4 self 5 keer per dag. Het weer die pediater gebel en hy het weer dieselfde medisyne (Celestamine en nog iets) voorgeskryf. Dit het gehelp, maar net terwyl sy die meds gedrink het - na die 5 dae van haar medisyne het sy weer begin en dit hou steeds aan. Ek was weer by die pead en hy het gesê dis 'n verkoue en die slym wat so dik is en haar naar maak as sy dit op hoes (wat sin maak).

Laasweek het sy oorinfeksie in die een oor gehad en dit het vinnig opgeklaar met antibiotika, maar dit het niks vir die hoes gedoen nie.

Ek het nou weer die pediater gebel, hy sal my vanmiddag terugskakel, maar ek is bang hy wil weer Celestamine voorskryf en ek wil dit nie vir haar gee nie (al werk dit). Ek is taamlik raadop en dit voel of sy niks inhou nie. Sy sal net opgooi as sy melk of yoghurt geeët het - seker die suiwel daarin. Geen diarriee nie en sy is verder baie gelukkig. Ek is bekommerd oor die opgooiery, omdat sy sukkel om gewig op te tel. Sy weeg 7.9kg (oor 2 weke is sy 12 maande oud).

Ek het iets by die apteek gekry vir naarheid en "motion sickness" en het dit gisteraand vir die eerste keer vir haar gegee (5ml). Dit help dat sy nie haar melk of kos opgooi nie, maar sy bulk vreeslik - so erg dat sy rooi in haar gesig word maar niks kom uit nie. (Ek neem aan die medisyne maak die melk dik sodat dit nie uitkom nie.) So dit lyk nie vir my of dit goed kan wees nie so ek het dit nie weer gegee nie.

Wat kan ek nog doen? Ek gee tans net vir haar Reuteri druppels (omdat sy op antibiotika was).

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie simptome is tipies van kinkhoes. Moet asseblief nie toelaat dat jou pediater weer Celestamine voorskryf nie aangesien dit 'n baie sterk kortisoon is. Jou pediater moet ingelig word dat jou baba aan kinkhoes ly. Kinkhoes is baie moeilik om te behandel en op hierdie stadium sal byna geen medisyne vir haar help nie.Sy sal stadig vanself begin minder hoes en weer gesond word-maar dit kan tot 3 maande neem voordat sy weer heeltemal gesond is. Die enigste medisyne wat haar hoesbuie sal verminder is Aterax stroop 2.5ml elke aand.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Lizelle | 2007/12/12

Ok, het nou met die peadiater gepraat en hy sê hy dink dis 'n reflux probleem - die melk stoot op en veroorsaak 'n irritasie daarom hoes sy en gooi sy so op. Ek gaan vanmiddag die Losec pilletjies optel by die apteek.

Wat dink dokter, klink dit reg? Sy het bietjie gesukkel met reflux toe sy 2 maande oud was maar geen probleme sedert nie. Kan dit op 7 maande weer begin het?

Reply to Lizelle

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.