advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Just wondering | 2004/10/18

Q.

Bringing up milk

Hierdie is iets wat by my spook en het nooit rerig die vrymoedigheid gehad om dit met die pediater te bespreek nie. Ek wil nou weer swanger raak, maar ek is so bang dieselfde gebeur weer. My baba is met 'n keiser gebore op die dr se aanbeveling. Ek wou bitter graag borsvoed en het dadelik probeer, maar my seun wou nie drink nie. Later die aan het hulle gevra of hulle maar vir hom S26 met 'n spuit kan voer en ek het ingestem. Hy het toe begin opgooi. Hulle het 2 keer sy maag gespoel, maar het bly opgooi. Die pediater het die vlg oggend besluit (telelfonies) hy moet NICU toe gaan omdat hy moontlik infeksie het - want sy het gedink ek het tydens swangerskap infeksie gehad - sy het dit nooit met my of my dr bevestig nie. Omdat ek 'n eerste keer mamma was het ek niks bevraagteken nie. Hy het toe buisvoeding gekry maar eers op dag 3 kon ek weer probeer borsvooed. Die hospitaal is so koud en onpersoonlik en hulle het borsvoeding so moeilik gemaak deur hom elke keer met pype en al te weeg voor en na borsvoeding. Dan se hulle hy het niks gedrink nie - dan voed hulle nog met die buis en dan gooi hy op. Ek kon voel hy drink en sien in sy mondjie daar was melk. Hulle het my so paranoies gemaak dat hy elke 3 ure moes drink en 60 ml op 'n slag, dat ek te bang was hy drink te min en toe aanhou uitmelk en met bottel voer. Hulle het ook 'n barium toets gedoen en die was negetief. Hulle kon nooit vir my se hoekom hy opgegooi het nie en ke was maar te bly om hom uit die hospitaal te kry. Dit was glad nie 'n lekker ondervinding nie. Hy het tot hy begin kruip het opgegooi. Hoekom sou dit wees en hoekom sou hy nie aan my wou drink nie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek kan nie vir u antwoorde op al die vrae gee nie, maar dit behoort te alle tye vir moeders maklik gemaak te word om te borsvoed. Hulle behoort hierin ondersteun te word en moet al die aanmoediging ontvang. U hoef nie toe te laat dat u vorige ondervinding by u spook nie en klaarblyklik was dit nie dat u kind nie borsmelk wou of kon drink nie, daar was waarskynlik 'n ander rede vir die braking.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.