advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Janine | 2005/11/21

Q.

Bly siek word!

Ek het so 2 weke terug my baba seun wat oor 2 weke 1 jaar oud word gevat vir pypies in sy ore, maar wat my pla is dat hy steeds aan sy oortjies vat en so onder sy oor in sy nek!
Hy het gereeld siek geword en die dokter het gese sodra ons sy grommets in het sal hy nie so vinnig siek word nie, maar nou is hy al klaar weer net so siek.
Hy hoes verskriklik lelik en sy neusie loop baie, hy bring ook baie slym op.
Ek gee elke dag vir hom xtra vitamiene aanvulling (vita force), maar ek wil net graag weet hoe hou ek hom tog gesond, want sodra ek dink nou is hy gesond word hy weer siek.
Nou dink ek, dalk omdat hy so vinnig warm kry en verskriklik baie sweet as ons bv in 'n kar ry en ek hom uithaal en die wind dan koud op sy ou lyfie is kan dalk die rede wees dat hy nou so siek is.
Maar hoe kan ek anders maak, ek kan hom nie altyd by die huis los by iemand as ek gou moet ry nie, want daar is nie altyd iemand nie!
Trek ek hom biedjie warmer aan waneer dit koelerig is sweet hy so vinnig en word hy siek en trek ek hom koeler aan word hy ook siek. Ek weet nie wat om te doen om hom tog net gesond te hou nie want ek vat my as grootmens hoe voel ek as ek siek is, dit kan nie lekker wees om so gereeld siek te word nie.
ASSEBLIEF as iemand my net kan se wat doen ek verkeerd!!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie probleem kom baie dikwels voor in babas. Die beste raad wat ek kan gee is om 'n pediater te raadpleeg wat belang stel in pediatriese pulmonologie.


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Friend | 2005/11/23

Drink jou seuntjie beesmelk? As hy beesmelk drink, moet jy daaraan dink om hom oor te sit op sojamelk. Party kinders is allergies vir beesmelk, dit stimuleer slym en laat neusies loop, selfs grootmense kan allergies wees vir suiwel en kry dan sinusprobleme. Kleintjies van daardie ouderdom word maar maklik siek en al die antibiotika kan ook die gestel aftakel sodat hy volgende keer makliker siek word. Ek onthou my 2 seuntjies was ook so aanmekaar siek. Sterkte.

Reply to Friend

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.