Childhood Diseases

Question
Posted by: lee | 2010/05/10

Q.

Besny of nie?

Goeiedag Dokter,

Ek het voorheen aan u geskryf ivm. My seuntjie is 5 en sy peadiater het hom na ''n uroloog verwys aangesien sy pypie baie dun is en sy velletjie nie terugtrek nie (hy het ook " infeksie"  gekry en ek het bactroban aangewend). Nou was ons by die uroloog vanoggend en hy het bevestig dat my seuntjie besny moet word. Hy se hy kan die velletjie onder narkose terugtrek, maar dat daar waarskynlik meer komplikasies gaan wees daarna aangesien ek salf sal moet aansmeer en dit was klaar vir my seuntjie emosioneel toe ek die velletjie in die bad begin terugtrek het. Ek het dit vir so 2 weke elke aand in die bad gedoen, maar my seuntjie het blou moord geskree en vir lank nadat ek dit gestaak het, was hy bang as ek hom net daar gewas het ook.

My vraag is of dit die regte ding is om te doen? Moet ons nie eerder die kans waag en terugtrek onder narkose nie - dan loop mens die gevaar van emosionele skade as ek die penis na die operasie moet behandel? Sal hy ''n " normale"  lewe kan ly as hy besny word en sal hy eendag ''n normale intieme verhouding kan geniet? Jammer - dit klink seker baie " kras"  of " snaaks"  om so iets te vra, maar ek wil nie nou ''n besluit neem wat hom eendag te na sal kom nie...

Ek waardeer u raad!!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is beslis nodig dat jou seuntjie besny moet word.tHierdie operasie sal vir hom geen probleme veroorsaak nie en hy sal in die toekoms 'n normale lewe in alle opsigte kan ly.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: MAMMA | 2010/05/13

HI MAMMA EK LEES NOU JOU ARTIKEL EN VERSTAAN WAARDEUR JY GAAN MY SEUN WAS 3 JAAR OUD TOE HY DIE SELFDE PROBLEEM GEHAD HET.DIE DR HET OOK SY VELLETJIE GEREK ONDER NARKOSE EN DIT WAS VERSKRIKLIK SEER MAAR HET NIE GEWERK NIE.3 MAANDE LATER HET HULLE HOM BESNY EN TOT VANDAG HET HY GEEN PROBLEME NIE.DIT IS MEER HIGIENIES EN SKOON OM HOM TE LAAT BESNY.MAAR DIT BLY JOU KEUSE.MAAR AS JY WIL VOLG MAAR MY RAAD EN VAT HOM LAAT HY BESNY WORD.AL SY PROBLEME MET INFEKSIE EN PYN GAAN OP N EINDE KOM AS JY DIT LAAT DOEN HET.

Reply to MAMMA

Posted by: Frank | 2010/05/11

Los eerder U seun se velletjie uit. Waag eerder die kans on te sien of die probleem vanself sal reg kom. As hy besny is is dit finaal. Die voorvel is daar om ''n rol te speel in die normale funksie van die penis. Los uit. Die dun pypie is heeltemal normaal vir sy ouderdom.

Reply to Frank
Posted by: lee | 2010/05/10

Dokter,

Wat sal die gevolge/gevare wees as mens dit net los? Die uroloog het gese dat ons dit moet doen voor hy 6 jr oud is...

Baie dankie :-)

Reply to lee

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.