advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Hernia | 2008/02/04

Q.

Benodig 2de opinie asb

My seuntjie, nou 21 maande was gebore op 31 weke, het n volle 1.08kg geweeg! Eerstens is hy allergies vir melk produkte, eier wit en peanuts. Hy het n lies breuk operasie gehad op 6 maande en nou weer die 14de Januarie. Die dr het ons meegedeel dat hy twee breuke gehad het. Na die operasie het sy testicals mooi in die sakkie gele maar na so week of wat het ons gesien dat die linkerkant se een weer op getrek het. Daar is ook n klein "hump" op die sny. Ons kan glad nie aan daai area raak nie want dit is vir hom seer. My vrou het hom Vrydag by die dr gehad en hulle het vanoggend weer n scan gedoen.
Die verslag lees soos volg:
The right testis seen in the distal right inguinal canal. The Testis measures 12 x 8 mm.
The left testis seen in the scrotum and measures 15 x 8mm. A well-defined nodule of 17 x 8mm seen in the left inguinal canal distal to the level of the scar. Consider enlarged lymph node.
Ons het alle vertroue in ons Pediater (van geboorte) maar wil tog n tweede opinie he. Hy reken dat ons n maand moet wag om te kyk of die "balletjie" nie af beweeg nie, want dit sal swaarder word, en dat ons hom moet dop hou. Intussen is my seuntjie in pyn! Hy slaap baie moeilik en is bang! Die pediater het voor gestel dat ons hom by n kinder soelkundige moet kry, wat nie sin maak nie, hy kan nie praat nie en hy is in pyn, almal sukkel om te slaap as jy in pyn is! Die mannetjie is al deur baie van geboorte so ek dink dit is die rede hoekom hy dalk bang kan wees. Dit is n hele mond vol maar enige reply sal waardeur word. Baie Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek stem heeltemal saam met jou en dit is nodig om so gou soos moontlik die opinie van 'n pediatriese chirurg te kry! Ek vermoed dat sy linker testis miskien in die inguinale kanaal gedraai het [Engels:Torsion of the Testis] veral omdat jou seuntjie soveel pyn het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Joe | 2008/02/04

Hi

Ja, ek verstaan waardeur julle en hy gaan op die oomblik. En ek voel dat jy defnitief geregtig is op 'n 2de opinie, maar dit sal jy net by 'n ander pidiater kan kry.

Reply to Joe

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.