Childhood Diseases

Question
Posted by: Antoinette | 2007/04/10

Q.

Beesmelk en Boonste Lugweginfeksie/Sinus

My seuntjie is 14 maande oud, ek het hom op Infacare Soya gehad vandat hy 4 maande oud was en dit het goed gegaan. Toe hy 1 word het ek hom op beesmelk gesit, die afgelope tyd sukkel hy baie met boonste lugweginfeksie en sinus, kan dit van die melk wees? As dit is, waarop kan ek hom nou sit?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Probeer die gewone soya melk in kartone wat orals beskikbaar is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2007/04/12

Ek is ook redelik seker dat dit die beesmelk is. Selfde het my my seuntjie gebeur. Hy is nou op 18 maande nogsteeds op Isomil 2. Ek het 'n tydjie terug weer koeimelk probeer en hy het toe weer toe loop neus gekry. Wag maar eerder tot hy 2 of 3 is voor jy hom op koeimelk sit.

Reply to Racoon
Posted by: Zetty | 2007/04/10

Die pediater gaan se ek is verkeerd, maar haal hom van beesmelk af, dit is besig om "mucus" te vorm. Dieselfde het met my seuntjie gebeur totdat hy omtrent heeltyd boonste lugweg infeksie gekry het. My seuntjie is van 14 maande op rooibos tee en vet vrye melk van Clover. Ek het dadelik 'n verskil gesien. Ek maak 'n flessie met rooibos tee selfs deur die nag. Eet jou seuntjie al goed of nog nie. As hy goed eet is daar mos nie eintlik 'n rede waarom hy nog volroom melk moet drink nie. Selfs die opvolg formule melk het my seuntjie ook aangetas.

Reply to Zetty

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.