advertisement

Childhood-diseases

Question
Posted by: Marelize | 2008/01/07

Q.

Bednatmaak - 5-jarige

Johan (word 6 in Junie), die 3-e van 4 kinders, het nog nooit van babtayd af droog geslaap nie.
Ek het hom by 'n homeopaat gehad, hy het gediagnoseer: beide spanning en 'n blaasklep probleem. Na 2 maande op sy medikasie was daar steeds geen verbetering nie.
Die 4-e kind slaap droog vanaf 30 maande.
Nie een van my kinders is ge"potty train" nie, hulle het "hulself van die doek afgehaal". Almal na 2-jarige ouderdom, en dan sowat 6 - 8 maande daarna droog geslaap.
Henry (nou 11), het sommige nagte natgemaak. Ons het a.g.v. mangelontstekings, sy mangels laat verwyder, en hom daarna by 'n pediater gehad wat allergie gediagnoseer het. Nadat hy op Zetofen was het hierdie soms nat verdwyn. Op 7 het hy sy allergieë ontgroei, en geen verdere probleme nie.
Maar, Johan het nog nooit droog geslaap nie. Maak nie saak wat ek doen nie. Moet ek na 'n pediatriese uroloog of na 'n sielkundige? Ek het hom al vloeistof verbied vanaf 6-uur (hulle gaan 8-uur na bed) - sonder sukses. Ek het al tolletjie op sy naghemp se rugkant vasgewerk - geen sukses. Ek het hom al in die nag wakker gemaak om toilet toe te gaan - help nie.
Hy kry maklik nagmerries, is bang vir TV-stories en flieks (Ons het nie self 'n TV nie, hulle kyk soms by hul tannie flieks - ons woon op 1 plaaswerf), maar sal uitloop as dit te veel raak. Hy is baie aggressief en weet nie hoe om sy woede uit te druk nie (tussen hakies, ek ook nie) Kry hy te min aandag? Is daar hoop?
Gisteraand het hy rondom 12-uur gehuil en ek het hom gaan wakker maak om 'n draai te loop - sy doek was reeds nat - en daar was geen sukses by die toilet nie. Daarna het ek nie weer die doek aangesit nie, met die gevolg dat sy bed sopnat was vanoggend 5:30 toe ek opstaan.
Ek voel nogal mismoedig.
Is daar hoop?
Wat staan my te doen?
Baie dankie
Marelize

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie probleem word enurese genoem en daar is baie effektiewe behandeling deesdae beskikbaar. Dit is nodig om sy pediater te raadpleeg in die verband.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Star | 2008/01/08

Ek het met die selfde probleem gesit met my een tweeling, deur al die toetse gegaan en is toe net vertel dit is geneties en 'n voorskrif vir pilletjies gekry. Ek stel voor dat jy sommer jou huisdokter vra oor dit. Ons sukkel ook maar partykere nog, maar dit is al baie beter. Sy drink al self elke aand haar pilletjie en soms gaan dit goed vir 'n week of twee sonder die pilletjie. Ek is nou net nie seker oor die naam nie, maar dit is nie duur nie. Ek verstaaan jou spanning en moedeloosheid, elke oggend beddegoed en dit is ook nie lekker vi die kleingoed nie.

Reply to Star
Posted by: CMP | 2008/01/07

It sounds like your son may have what my son did which is enuresis, if you take your son to a paediatrician he can give you medication that will help,l my son was on the meds for 6 months and hasn't wet his bed in 2 years

Reply to CMP

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.